TV Plus (Afrikaans)

Giftige geitjie is terug

Die superskurk Sheila Carter is terug met allerlei mallighede.

- The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 17:30

Die Forresters het langer as ’n dekade nie van die psigopaat Sheila Carter (Kimberlin Brown) gehoor nie. Sy is in die tronk gestop en daar is van haar lang lys misdade – ook marteling en moord – vergeet. Maar op Woensdag 11 Julie is sy terug op ons skerms, en Sheila se teikens is Ridge (Thorsten Kaye) en ander Forresters. Sy het in 1992 as interne verpleegst­er by Forrester Creations begin en was verloof aan die patriarg Eric (John McCook) voordat sy in dieselfde jaar met ’n DNS-toets gepeuter het. Eric het Sheila gelos en dit het haar tot gekheid gedryf. Meer as twintig jaar later is Sheila nog net so koekoes soos altyd! MOORDENAAR KATIE Die vyandige vriende Katie (Heather Tom) en Quinn (Rena Sofer) gryp mekaar aan die keel sedert Quinn Katie op Donderdag 5 Julie afgedank het. Wanneer iemand Quinn probeer skiet op Dinsdag 10 Julie, vermoed sy dadelik dis Katie en gaan konfrontee­r haar buurvrou. Maar pleks van Katie met ’n vuurwapen tref sy Sheila aan. Wanneer Katie inkom en Sheila sien, gryp sy ’n vuuryster om haarself en Quinn te beskerm. Sheila bely haar onskuld en sê sy het verander. “Toe Sheila in die tronk was het sy hard probeer om haarself te rehabilite­er,” verduideli­k Kimberlin. Maar kan ’n demoon getem word? “Kom ons sê net dis die ou Sheila met ’n nuwe kinkel,” sê die aktrise. “Daar sal tye wees dat sy haar asem intrek en sê: ‘Nee, ek kan nie daardie persoon vermoor nie’, of ‘Nee, ek kan nie daai persoon van ’n lysie afstamp nie’.” WEERWRAAK Iemand moes Eric vertel het sy eks is terug voordat hy dit self uitvind op Vrydag 13 Julie. John sê Eric ontplof: “Hy is hewig ontsteld. Met Sheila se geskiedeni­s is Eric seker sy is die skieter.” Die polisie word ontbied en neem haar weg vir ondervragi­ng, en laat almal onbewus daarvan dat Deacon (Sean Kanan) ook teruggeslu­ip het saam met Sheila. “Deacon wil Quinn terugkry omdat sy hom verlede jaar probeer vermoor het,” sê Sean. Dit beteken nie Sheila is onskuldig aan alles wat gebeur noudat sy terug is nie . . .

 ??  ?? Katie (links) kom te voorskyn terwyl sy ’n vuuryster rondswaai om haar teen die gek Sheila te verdedig.
Katie (links) kom te voorskyn terwyl sy ’n vuuryster rondswaai om haar teen die gek Sheila te verdedig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa