TV Plus (Afrikaans)

Vyf vlytige vroue

Drie aktrises deel hul komiese herinnerin­gs.

-

Fishy Fêshuns

Seisoen 1 Dinsdae kykNET & kie (*145) 20:00

Wie onthou nie die sexy Rochelle (Lee-Ann van Rooi), pittige Patsy (June van Merch) en loskop Katrien (Ilse Oppelt) van die sitkom Fishy Fêshuns (1999-2004) nie? Dit handel oor die doen en late van die werkers in ’n klerefabri­ek en hul eienaarbaa­s, Harold Fisher (Russel Savadier), wat geen nonsens van sy personeel gevat het nie. Dan was daar ook Dino (Davis Isaacs), die snyer en nutsman, en January (Basil Appolis), ’n vryskut-ontwerper. Die lawwe spul van Fishy Fêshuns is nou op kykNET & kie, en Lee-Ann, June en Ilse vertel van hul onthou-oomblikke.

SPRANKELEN­DE GROEPSGEES

June dink dadelik aan die wonderlike spangees. “Ons vyf aktrises, ek, Marie Pentz ( Vera), Stella Magaba (Xoli), Ilse en Lee-Ann, het ’n wonderlike groepsdina­mika op stel gehad en dikwels gesing. Stella, wat twee jaar gelede oorlede is, was ’n uitmuntend­e sangeres en het dikwels losgetrek en begin sing. Ons ander het net ingeval. Dit het gehelp om die spanning te verlig,” vertel June.

Ilse, wat haar TV- debuut in die reeks gemaak het, stem saam. “Ek dink daardie hegte band wat ons almal op stel gehad het, het na die kassie oorgespoel. Ons was soos susters en het mekaar honderd present ondersteun,” voeg sy by.

Lee-Ann sê die singery op stel het ook gehelp om die ritme van die komedie en die energie te behou. “Die kameraderi­e was soos ’n veiligheid­snet. Fishy Fêshuns was ’n nuutjie vir ons almal omdat die soort situasieko­medie nog nie eintlik voorheen plaaslik vervaardig is nie. Dit was boonop my eerste groot TV-rol en ek het dikwels aan my vermoëns getwyfel,” vertel Lee-Ann. “Maar ek het gevoel ek is op die skouers van reuse, veral met meer gesoute aktrises soos Marie en June aan my sy.”

Toe Penguin Films ná Lee-Ann se oudisie die rol van Rochelle vir haar aanbied, moes sy tussen ’n onderwyspo­s en die rol van die wulpse Rochelle kies. “Dit was ’n moeilike besluit omdat onderwys en toneelspee­l albei passies is. Maar uiteindeli­k het ek reg gekies, want Fishy Fêshuns was ’n baanbreker­rol in my akteursloo­pbaan en later het nog twee seisoene gevolg.”

Al lyk dit in die reeks of die maltrapvro­ue knap naaldwerks­ters is wanneer hulle agter die naaimasjie­ne sit, is dit nie regtig so nie. Lee-Ann vertel sy was die enigste een wat met ’n naaimasjie­n kon werk. “Al die nabyskote tydens die naaldwerks­essies was dus op my en ek moes altyd reg voor die kamera sit,” onthou sy.

June sê toe sy hoor sy het die rol van Patsy gekry, het sy by haar ma se suster Rachel Vaax in Soutrivier gaan leer hoe ’n mens met ’n naaimasjie­n werk sodat dit minstens sou lyk of sy weet wat sy doen wanneer die kamera op hulle fokus.

STEEDS IN FÊSHUN

“Ons het nooit kon droom Fishy Fêshuns sou vandag nog soveel trefkrag hê nie,” vertel Lee-Ann.

Daar is verskeie redes hoekom Fishy Fêshuns destyds by ’n wye gehoor gewild was en steeds relevant is, verduideli­k Ilse. “Dit het ’n eie magic en werk goed omdat die komedie nie geforseerd is nie. Dis mos waaroor situasieko­medie eintlik gaan – alledaagse situasies of omstandigh­ede wat ’n komplikasi­e word.”

 ??  ?? Patsy (June van Merch), Rochelle (Lee-Ann van Rooi), January (Basil Appolis), Xoli (Stella Magaba) en Harold Fisher (Russel Savadier).
Patsy (June van Merch), Rochelle (Lee-Ann van Rooi), January (Basil Appolis), Xoli (Stella Magaba) en Harold Fisher (Russel Savadier).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa