TV Plus (Afrikaans)

SABC1 Weekdae 20:00

-

VERLEDE KEER

Lucy het geweier om moed op te gee om ’n gesin saam met Mrekza te hê, Zitha en Tau se verlowing is verbreek en toe hervat, en die Moroka-raadgewers het die broers Smanga en Mazwi aangesê om vrede te maak.

18 – 20 JULIE

Gadaffi word betrap wanneer hy in Rorisang se kamer rondsnuffe­l, en Zitha wonder of Tau gereed is om te trou. Mazwi en Sphe dink om tussen die lakens te kafoefel sal hul reeds vernietigd­e, gereëlde huwelik herstel, en ’n meeluister­toestel word in Wandile se blyplek aangebring. Tshidi eis later dat Mazwi haar by sy familie se bemarkings­maatskappy Ezweni aanstel, of sy sal die waarheid oor sy dogter Rorisang se vaderskap bekendmaak.

23 – 27 JULIE

Fana dring daarop aan sy familie gee Tshidi die pos en wat sy ook al wil hê voor sy nog skade aan die Mabaso- en die Moroka-familie se reputasie aanrig, en Zitha raak skrikkerig om met Tau te trou. Sphe smeek haar swaer Smanga om uit die huis te trek, en Gadaffi is jammer hy het agter sy vriendin Sphe se rug gekonkel. Tshidi wil haar werk gebruik om haar broer Tau te saboteer, en Mazwi dreig om Sphe en die Moroka-familie te verlaat.

30 – 31 JULIE

Sphe verwelkom nie haar kleinniggi­e Okuhle wanneer sy aan haar deur klop nie, en Tshidi beplan om nog van Tau se kliënte te steel. Later raak die Morokas paniekerig wanneer hulle uitvind Rorisang is weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa