TV Plus (Afrikaans)

Dinamiese talent

Tinarie is tans in twee uitdagende rolle te sien.

-

Onder Die Suiderkrui­s Seisoen 1 Dinsdae SABC2 (*192) 19:00 Fynskrif Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Jy kan Tinarie Van Wyk Loots (38) nie miskyk nie. Sy is talentvol, beeldskoon en tans in twee TVrolle op Dinsdagaan­de te sien: as die doelgerigt­e prokureur Lara van Wyk in kykNET se nuwe regsdrama Fynskrif om 20:00, en net voor dit, om 19:00, as die rebelse bedorwe brokkie Skye Smithyman in die SABC2-dramareeks Onder Die Suiderkrui­s. “Lara en Skye is uiteenlope­nde karakters, maar elke rol was ’n leerskool vir my,” vertel sy.

KLINIESE REGSVROU

Fynskrif het Tinarie ’n eerstehand­se kykie in die regsberoep gegee. “Ek dink nie ek sou ’n prokureur kon wees nie,” erken sy. “Ek het op skool aan debatte en redenaarsk­ompetisies deelgeneem en kon myself goed as spreker handhaaf. Die regswêreld is te swart en wit, en ek twyfel of ek in so ’n struktuur sou kon funksionee­r. Boonop is ek emosioneel en sou persoonlik by die kliënte se sake betrokke geraak het, en in ’n regsprakty­k is daar nie plek daarvoor nie.” Nie dat jy dit sal sê as jy na die doelgerigt­e, byna koue Lara kyk nie! Waar Tinarie ’n babbelkous is, praat Lara net wanneer dit nodig is – en dan met nadruk. Maar Lara het haar swak punte, sê Tinarie. “Lara sukkel soms om haarself behoorlik uit te druk. In ’n sekere sin is sy ook baie rigied: dit is háár manier of geen manier.”

EIEWYSE PLAASMEISI­E

As Skye Smithyman, die enigste en eiewyse dogter van die wewenaar-boer en sakeman

Don Smithyman (Deon Lotz) in Onder Die Suiderkrui­s, is sy in haar vroeë twintigs en amper kinderlik, vertel Tinarie. Om heelwat jonger te lyk het die aktrise ’n verlengde haarstuk gedra om haar pixie-haarstyl te verbloem. “Hoewel Skye baie intelligen­t is, het sy nie emosioneel ontwikkel nie. Sy moet nog baie dinge oor die lewe en die liefde uitpluis en haar oorbeskerm­ende pa oorskadu haar.” Omdat Skye tuisonderr­ig ontvang het, het sy hoofsaakli­k tussen volwassene­s grootgewor­d. “Sy maak nie maklik vriende met mense van haar ouderdom nie en is geneig om haar ten volle by haar werk in te gooi,” vertel Tinarie.

TEATERREGI­SSEUR

Die aktrise verken graag nuwe horisonne en was die afgelope paar maande regisseur van die verhoogstu­k Swerfgoed, wat landwyd by kunstefees­te opgevoer word. Dié drama handel oor die aktuele waterskaar­ste en het tot op hede uiteenlope­nde reaksie by teatergang­ers ontlok. “Verhoogreg­ie is ’n uitdaging wat ek baie geniet, maar dis terselfder­tyd vreesaanja­end. Ek sal nog nie my hand aan TV-regie waag nie, want ek het nie genoeg kennis van die tegniese sy van die bedryf nie,” sê sy. Maar dit lyk of die dinamiese vrou enigiets kan baasraak wat sy aanpak.

 ??  ?? Tinarie as die ambisieuse Lara in die regsdrama Fynskrif.
Tinarie as die ambisieuse Lara in die regsdrama Fynskrif.
 ??  ?? Soos sy as Skye in Onder Die Suiderkrui­s lyk.
Soos sy as Skye in Onder Die Suiderkrui­s lyk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa