TV Plus (Afrikaans)

Funny You Should Ask

-

Seisoen 1 SABC3 (*193) 20:00 Speletjies­program Die prysgeld van $5 000 (R67 000) in die nuwe speletjies­reeks Funny You Should Ask (2017-nou) is niks om oor te lag nie. Die probleem is die twee deelnemers kry hulp van ’ n paneel komediante om vrae van die gasheer, Jon Kelley, te beantwoord. “En die antwoorde is dikwels so belaglik, die spelers weet nie wat om te glo nie,” sê die oud-joernalis Jon. “Soms is die hulp eintlik glad nie hulp nie.”

Funny You Should Ask is gegrond op die gelyknamig­e speletjies­reeks van 1968-1969. Spelers moet ’ n wye reeks vrae beantwoord, van die gesondheid­svoordele van winde laat tot hoe oud die Skotse koningin Mary was toe sy gesalf is – die antwoord is ses dae en die komediante se “behulpsame” antwoord was: “Ja, sy’t gekruip op pad boontoe.”

Om die komedieste­rre in toom te hou is die moeilikste werk wat die 52-jarige Jon nog gehad het sedert hy in 1991 ’ n sportomroe­per geword het, “omdat hulle so kan handuit ruk. Ons moet tot 10 opnames van ’ n enkele vraag doen omdat die ouens so ver gaan met antwoorde dat ons dit nie kan gebruik nie.” TV- en fliek-fans sal baie van die komediante op die paneel herken, soos

Anthony Anderson (André in die komedie Black-ish, 2014-nou), Howie Mandel (’n beoordelaa­r in die realiteits­reeks America’s Got Talent, 2006-nou),

Jackée Harry (Evelyn in die komedie Girl Meets World, 2014-2017) en Jon Lovitz (Artie in die komedie Hot In Cleveland, 2010-2015). Dis speeltyd!

 ??  ?? Daar is hope pret en kontantpry­se van die gasheer Jon Kelley.
Daar is hope pret en kontantpry­se van die gasheer Jon Kelley.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa