TV Plus (Afrikaans)

Lip Sync Battle

Seisoen 3 SABC3 (*193) 19:30 Realiteit

-

Die derde seisoen van die realiteits­program met ’n musiektema, Lip Sync Battle (2015-nou), “het van ons snaaksste oomblikke en deelnemers tot dusver”, sê die Grammy-bekroonde aanbieder LL Cool J (Sam Hanna in die aksiereeks NCIS: Los Angeles, 2009-nou). Saam met sy mede-aanbieder, Chrissy Teigen, bring LL vir kykers “meer musiek en meer supersterr­e wat super-snaaks is” in hul kostuums wanneer hulle gewilde liedjies van kunstenaar­s uitvoer.

LL maak nie grappies wanneer hy sê hulle het ’n indrukwekk­ende lys van celebs nie. In episode 1 is die fliekster sir Ben Kingsley (Ay in die minireeks Tut, 2015) soos jy hom nog nooit gesien het nie, en

Samira Wiley (Poussey in die tronkdrama Orange Is The New Black, 2013-nou) maak haar buiging in episode 3 (28 Augustus). Later vanjaar, in Desember, is van die kinderster­re van die paranormal­e reeks Stranger Things (2016-nou) as ’n groep op die verhoog in episode 19.

Seisoen 3 het 24 episodes en dis ’n welkome bonus vir LL, wat dit geniet om self die mikrofoon te gryp “en die gehoor in die regte stemming te kry. Maar die sterre is diegene wat mekaar die stryd aansê terwyl hulle die liedjies lipsing.” Sy hoogtepunt van die seisoen? “Tom Holland (Peter Parker in die superheldf­liek Spider-Man: Homecoming, 2017) – hy laat waai soos niemand anders nie [in episode 16, laat in November]. Om te sien hoe hy Rihanna se Umbrella in ’n skamele uitrusting sing was skreeusnaa­ks!” Daar is drie spesiale episodes in die seisoen (Hip Hop, Soul Train en Michael Jackson), maar SABC3 kon nie bevestig of dit uitgesaai gaan word nie.

 ??  ?? Die aanbieders Chrissy Teigen en LL Cool J geniet die stermanewa­les net soveel soos die gehoor.
Die aanbieders Chrissy Teigen en LL Cool J geniet die stermanewa­les net soveel soos die gehoor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa