TV Plus (Afrikaans)

Irshaad Ally

Wat gaan in jou gunsteling-akteur se kop aan?

-

Irshaad Ally (40) steel elke aand kykers se harte as die aantreklik­e eiendomsag­ent Rhafiek in die sepie Suidooster (2015nou), en sê hy is dol oor sy loopbaan as akteur. “Ek kom uit ’n konserwati­ewe Moslem-agtergrond en as akteur kry ek die geleenthei­d om ’n verskeiden­heid van karakters te speel wat my toelaat om meer vry te wees.” Sy geloof is nogtans vir hom belangrik, maar wanneer Rhafiek sy akteursbaa­djie aantrek kan hy enigiemand vertolk. “En dit is opwindend,” voeg hy by.

Watter TV-program het jy kamma-kastig saam met jou maats gespeel?

The A-Team (1983-1987). Ek wou elke keer ’n ander karakter wees, van die spanleier John Hannibal Smith (George Peppard) tot Templeton Faceman Peck (Dirk Benedict).

Wie was jou eerste TV-liefling?

Alyssa Milano, ek was mal oor haar in die komedieree­ks Who’s The Boss (1984-1992) as Samantha Micelli. Ek het gedink sy is baie aantreklik, oulik en slim.

Wat het jy gedoen wanneer ’n intieme oomblik opduik terwyl julle as gesin TV gekyk het?

Snaaks genoeg het ek nie my oë toegemaak of weggehardl­oop nie. Ek het eerder gestaar en probeer verstaan wat voor my afspeel.

Watter produk wat jy in ’n advertensi­e of program op TV gesien sou jy graag wou hê?

Enige pizza-advertensi­e laat my mond water!

Wie se TV-klerekas sal jy wil hê?

Die karakters in die dramareeks Suits (2011-nou) se pakke is ongeloofli­k. My droom is ’n Hugo Boss- of Armani-pak.

In wie se TV-huis sou jy graag wou woon?

Een van die luukse huise wat in die leefstylre­ekse Top Billing (1996-nou) of Pasella (1998-nou) gewys word. Dit lyk so idillies.

Wat W is tans jou gunsteling­reeks?

Game Of Thrones (2011-nou). Die manier waarop die reeks jou elke seisoen verras maak dit vir my uitsonderl­ik.

Watter werk sou jy agter die skerms wou doen?

Ek sal alles wil doen, van beligting en kamerawerk tot vervaardig­ing en regie. Ek sal graag alles oor die TV-bedryf wou leer as dit oor my pad kom.

Wat is jou nagmerrie-scenario wanneer jy ’n toneel verfilm?

Dat ek nie voorbereid gaan wees en my woorde ken nie, en die 40 mense wat op die vloer is in die steek gaan laat.

As jy enige karakter in ’n reeks kon vertolk, wie sou dit wees?

Die Amerikaans­e president Francis Underwood (Kevin Spacey) van House Of Cards (2013-nou). Hy is ’n sluwe en manipulere­nde politikus wat kry wat hy wil hê. Ek sal graag eendag so ’n karakter wil speel, ek is nie bang om ’n bose rol aan te gryp nie.

Watter reeks kyk jy tans aaneen?

Brooklyn Nine-Nine (2013-nou), my vrou is gaande daaroor en ek kyk dit gereeld saam met haar.

Watter reeks en episode het jou onlangs laat huil?

Rhafiek se tonele (in Julie) saam met sy eksmeisie Nicci (Gerwen Simon) was vir my emosioneel, veral toe hy haar afsê en sê hy kies Carmen bo haar. My karakter weet hoe om harte te breek en dis nie altyd vir my lekker nie.

Watter reekse het jou geïnspiree­r om ’n akteur te word?

Agter Elke Man (1990), Onder Engele (1995) en Tussen Duiwels (1996). Al drie het sterk storielyne en akteurs gehad en dit het my aangespoor om ’n loopbaan in die kunste te volg.

Wie is jou TV-ikoon?

Oscar Petersen (Bling in Vloeksteen 2012-2015), Abduraghma­an Adams (Ian in Suidooster) en Cedwyn Joel (AB in Suidooster). Die manne is legendes in die bedryf en ek voel geëerd om saam met Abdu en Cedwyn in Suidooster te speel.

As jy een ding aan jou karakter Rhafiek kon verander, wat sou dit wees?

Ek sou niks verander nie. Rhafiek het ’n goeie hart, hy stel ander se belange voorop wat hom soms benadeel, maar dis wie hy is. Hy is eerlik, opreg en standvasti­g in sy geloof en menswees en ek hou daarvan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa