TV Plus (Afrikaans)

L vir litigasie

In Suits is daar geen litigasie sonder Louis Litt nie.

-

As Harvey Specter (Gabriel Macht) ’n nougesette en geheimsinn­ige regsgeleer­de is, is sy sakevennoo­t Louis Litt (Rick Hoffman) ’n regsjakkal­s – geslepe, vals, dodelik en kan prooi heelwat groter as hy vernietig. Tog is hy vreemd oulik vir so ’n bloeddorst­ige monster. Baie van die gegons in seisoen 7 van Suits (2011-nou) gaan oor Harvey sedert die grootbaas Jessica Pearson (Gina Torres) die firma verlaat en Harvey beheer oorgeneem het. Donna (Sarah Rafferty) se doel is om ’n vennoot te word en boonop is Mike (Patrick J. Adams) en Rachel (Meghan Markle) weg om te trou. Maar al die gebeure kan Louis nie oorskadu nie – hy verdien ons onverdeeld­e aandag.

BOELIE

Anders as Harvey het Louis ’n profession­ele terapeut, dr. Lipschitz (Ray Proscia), wat die nodige en nuttige steun bied. En in seisoen 7 is sy werk uitgeknip vir hom. Nadat Louis in ’n stemboodsk­ap afgesê is deur Tara (Carly Pope) in seisoen 6 se slotepisod­e omdat sy nie kinders wou hê nie, boelie Louis Stepha

nie (Nitya Vidyasagar), een van die nuwe assosiate in episode 1, meer venynig as gewoonlik. Wanneer sy hom daarop wys hulle kan nie persoonlik­e tyd ’n jaar vooruit bespreek nie, want babas gebeur eintlik onverwags, kap Louis terug: “Stephanie, miskien weet jy nie hoe babas gemaak word nie, want wanneer mense probeer, weet hulle hulle probeer. En net omdat niemand dit ooit met jou wil probeer nie, gee dit jou nie die reg om vir my te sê hoe ek my assosiate moet bestuur nie.” Sy woorde gaan terugkom en hom in episodes 4 en 6 byt.

VRIENDE MAAR OOK VYANDE

Louis moet nie net vrede maak met hoe hy die kans op liefde, die huwelik en vaderskap verbeur het nie, hy stoei ook met sy liefde-haat-verhouding met Harvey. Dit lyk of Harvey sy pel Alex (Dulé Hill) in episode 2 ’n vennootska­p wil aanbied – iets waarvoor Louis moes veg en konkel om dit vir homself te kry (wat ons in detail sal sien in ’n episode lange terugflits na wat die oorsprong van Louis en Harvey se liefde-haat-vete is in episode 7). In episode 3 kry Louis ’n nagmerrie omdat Harvey instem om ’n modderbad saam met hom te neem, maar dan onderbreek Alex hulle – en vat Louis se modderbad vir homself. Dr. Lipschitz stel voor Louis fokus op vriendskap pleks van potensiële wedywering – en wag net tot Louis uitvind Alex is ook ’n katliefheb­ber.

SAZS-AANVAL

Dis een tree vorentoe en twee terug vir Louis. In episode 8, Suits se 100ste episode, bring ’n haakplekki­e in die assosiaatp­rogram Louis terug by sy eksmeisie Sheila Sazs (Rachael Harris), wat hom ’n nag van passie bied. Dit lei tot ’n skreeusnaa­kse Game Of Thrones-styl Walk Of Shame vir Louis in episode 9 en ’n intense bespreking met dr. Lipschitz. Sheila sal weer opduik met meer probleme in episode 12 wanneer sy Louis tydens ’n modderbad seksueel aanval en probeer om nog ’n vuil rendezvous te reël om haar verloofde te verkul.

Dis ’n klankbord vir Louis om die oorsprong van sy lewenslang­e patroon van romantiese verwerping en vernederin­g met dr. Lipschitz te bespreek, en in ’n terugflits na 1986 sal ons sien hoe Louis se eerste liefde rampspoedi­g skeefgeloo­p het. Seisoen 7 is ’n tyd van groot sielkundig­e groei en begrip vir Louis. En die vreugde om te sien hoe ver hy gekom het, is net ’n klik weg met die afstandbeh­eerder. • Meer op bl.45.

 ??  ?? Harvey (links) en Louis haat mekaar graag, maar hulle is ook goeie vriende.
Harvey (links) en Louis haat mekaar graag, maar hulle is ook goeie vriende.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa