TV Plus (Afrikaans)

Gifappeltj­ie

Willem verkul Amorey met die joga-instrukteu­r Tineke.

-

Willem en Amorey (Markus Haywood en Kristen Raath) se huwelik is verby. Willem se rokjagterm­aniere het die oorhand gekry en hy kon net nie die joga-instrukteu­r Tineke ( Trix Vivier) weerstaan nie. Die twee het in ’n oomblik van swakheid op Vrydag 10 Augustus in die bed gespring, maar dit het nie by een keer se gekafoefel gebly nie.

Al pla sy gewete hom, kan Willem nie van Tineke wegbly nie. En as Tineke haar sin kry, gaan sy seker maak Amorey vind die waarheid oor haar man uit.

SUS DIE GEWETE

“Tineke het Willem met haar sensualite­it en selfvertou­e betower,” vertel Markus. “Hy het hard teen sy aangetrokk­enheid tot haar baklei, maar die ou Willem het uiteindeli­k oorgeneem.”

Hy probeer boete doen op Woensdag 15 Augustus deur Amorey met peperduur geskenke te bederf. Kristen sê Amorey is mal oor die elegante oorbelle en ander juwele wat Willem vir haar gee. “Maar in haar agterkop wonder sy waarom hy haar skielik met geskenke oorlaai. Kan dit wees dat hy iets vir haar wegsteek?” Markus verduideli­k die juwele is Willem se manier om sy gewete te sus. “Hy weet hy het drooggemaa­k en is vreesbevan­ge Amorey gaan die waarheid uitvind, maar hy kan Tineke nie uit sy gedagtes kry nie.” Later dieselfde dag gesels Amorey en Tineke oor die man in Tineke se lewe. le “Amorey en Tineke het h goeie pelle geword sedert s Tineke onlangs in Hillside aangekom en by die leefstylse­ntrum begin werk w het, waar Willem een e van haar kollegas is,” vertel Kristen. Trix T voeg by Tineke is bewus daarvan Willem W en Amorey is getroud. “Tineke speel s ’n katen-muisspelet­jie e met m Willem. Deur vriende v met Amorey te t word kan sy sekere vrae vra en meer oor Willem uitvind.”

SKULDIGE SKOONSEUN

Willem vermy sy Welman-skoonouers sedert hy met die affair begin het, en op Donderdag 16 Augustus eis sy skoonpa, Chris (David Rees), antwoorde oor sy vreemde gedrag. “Willem weet hy speel met vuur,” erken Markus. “En hy en Chris het ’n goeie verhouding opgebou, veral omdat Willem Chris die afgelope ruk gehelp het om sy vrou, Mariaan (Deirdre Wolhuter), uit die tronk te kry. Maar Willem kan nie sy sonde aan sy skoonpa erken nie, en hy praat dit weg en probeer so normaal moontlik aangaan.”

Willem dra weer geskenke vir Amorey aan op Donderdag 16 Augustus, maar sy vra hom om op te hou. Kristen sê Amorey waardeer sy moeite, “maar hy oordoen dit nou”.

WAAGHALSIG­E INLIGTING

Amorey en Tineke kuier weer saam op Vrydag 17 Augustus wanneer Tineke voortgaan om te spog oor die man in haar lewe. Tineke geniet haarself en raak ál meer waaghalsig met die inligting wat sy oor die man deel, en sy hoop heimlik Amorey sit twee en twee bymekaar en besef dit is haar Willem van wie Tineke praat. Of Amorey die waarheid gaan uitvind kan ons nie nou al uitlap nie. Maar soos ons Amorey ken, sal die waarheid haar hard tref.

Trix vertel as sy self in Amorey se skoene was en moet uitvind ’n vriendin knyp die kat in die donker met haar man, twyfel sy of sy hulle albei sal kan vergewe.

Die storielyn gaan kykers verder laat regop sit op Maandag 20 Augustus, wanneer Willem ’n belangrike besluit oor sy huwelik en toekoms neem.

 ??  ?? Willem word betower deur sy kollega Tineke.
Willem word betower deur sy kollega Tineke.
 ??  ?? Amorey (links) en Tineke word pelle, maar daar’s ’n rede . . .
Amorey (links) en Tineke word pelle, maar daar’s ’n rede . . .
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa