TV Plus (Afrikaans)

Duistere kelnerin DIE MANIPULASI­ESPEL

Monique dryf die broers Vince en Justin uitmekaar.

-

Vince Meintjies (Jacques Blignaut) se lewe bly deurmekaar. Hy is smoorkwaad vir sy meisie, Aggie (Mimi Mahlasela), want hy dink sy het hom op Vrydag 10 Augustus met sy halfbroer Justin (Dann-Jaques Mouton) verkul. Hy weier om te glo Aggie en Justin was bedwelm en kan nie onthou wat die aand gebeur het nie. Daar is definitief ’n slang in die gras en alle vingers wys na die kelnerin

Monique (Leiden Colbert) wat einde Julie by die Beleef- deli begin werk het . . . Monique het op Vrydag 27 Julie uit die bloute by

Esti (Reandi Grey) opgedaag. Sy was glo nes Esti ’n ontkleedan­seres en wou ’n nuwe begin maak. Esti het haar jammer gekry, vir haar blyplek gegee en ’n werk by Beleef gereël. Monique het toe ’n vriendskap met haar werkgewer Vince aangeknoop en hom begin manipuleer.

“Haar aanval was eers baie subtiel,” vertel Jacques. “Maar Monique het Vince stadigaan laat twyfel aan sy verhouding met Aggie en of sy die regte vrou vir hom is. Vince het al soveel drama in sy lewe beleef [sien kassie regs oor Vince se terugslae], hy kan nie meer onderskei tussen wie lieg en wie praat die waarheid nie,” sê Jacques.

Vince kom uiteindeli­k op Woensdag 15 Augustus tot ander insigte wanneer Aggie hom opnuut van haar liefde verseker. Later die dag sit Aggie en Justin koppe bymekaar en besef hulle het kontak met Monique gehad voordat alles die Vrydagaand [10 Augustus] vir hulle swart geword het. “Justin besluit om sy kontakte in die onderwêrel­d te nader en meer oor Monique uit te vind. Hoekom sal sy moontlik haar mes inhê vir Aggie, Justin en Vince?”

TESTAMENTS­KOK

Vince en Justin kry op Donderdag 16 Augustus ’n verdere skok wanneer Xander (Theodore Jantjies) vir hulle ’n tweede testament van hul oorlede pa, Arnold Langley (Simon Bruinders), wys. “Al wat Xander sê, is dat ’n tweede testament afgelaai is,” ver- tel Jacques. “Dit het ander bepalings as die vorige testament en kan beteken Vince en Justin kry nie hul erfporsie nie.” Die broers is woedend en wonder hoe daar skielik ’n ander testament kan wees.

MAAK STIL DIE VENNOOT

Dinge word op Vrydag 17 Augustus duidelik wanneer Monique ’n geheime figuur, haar sakevennoo­t, kontak. Hy prys haar vir haar goeie werk om die broers uitmekaar te dryf, en sê hy sien uit na die tweede fase van hul plan. Maar Monique besluit sy gee nie genoeg om vir haar vennoot om na sy pype te dans nie, en sy raak van hom ontslae . . . Vince en Justin probeer op Maandag 20 Augustus verder uitpluis wie Monique is, maar antwoorde ontwyk hulle. Esti is op Vrydag 24 Augustus die eerste een wat Monique se ware kleure sien, en sy wonder of sy ’n yslike fout gemaak het deur Monique in haar lewe toe te laat.

VINCE SE TERUGSLAE

Vince is die afgelope twee jaar deur diep waters. In November 2017 het hy uitgevind sy destydse vrou, Bonita (Hildegardt Whites), was swanger met sy ander halfbroer, Xander, se kind. Tydens ’n Nuwejaarse­te in 2018 is Vince en Justin se biologiese pa, Arnold vergiftig, en in Julie was Vince onder erge finansiële druk toe hy moes opdok vir skoolgeld en sporttoeru­sting vir Christophe­r (Jiphtael Langeveldt), sy seun by sy eksmeisie

Cecile (Chantal Stanfield). Arnold se eerste testament, wat hulle in Julie gekry het, het die meeste van die boedel aan Vince beloof, wat aanvanklik dinge tussen Vince en Justin versuur het. Daarna wou die versekerin­g nie betaal toe Vince se werkkombui­s aan die brand geraak het nie, want hy was glo nalatig. Nou lyk dit of sy hoop op sy erfporsie tevergeefs kan wees.

 ??  ?? Vince en Justin (inlas) probeer ’n raaisel uitpluis, maar kry nie antwoorde nie.
Vince en Justin (inlas) probeer ’n raaisel uitpluis, maar kry nie antwoorde nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa