TV Plus (Afrikaans)

Groot misverstan­d

Marko sien ’n positiewe swangerska­ptoets en maak die verkeerde afleiding.

-

Marko (Francois Lensley) is passievol oor sy verhouding­s. Hy was nog altyd 100 persent toegewyd aan die vrou in sy lewe, en dis presies die geval met sy huidige meisie, Esti (Reandi Grey). Die kelnerin by die Beleef- deli het die begin van die jaar sy hart gesteel en al weet hulle dis ’n ernstige verhouding, het hulle nog nie oor trou gepraat nie. Maar toe Marko op Maandag 13 Augustus ’n positiewe swangerska­ptoets in Esti se woonstel sien, was sy besluit geneem: Daar kort ’n ring aan haar vinger!

ROSE EN KERSE

Esti is in ekstase op Woensdag 15 Augustus wanneer sy haar vriendin Connie (Quinne Brown Huffman) vertel sy en Marko het die vorige aand verloof geraak. “Marko was baie romanties en het haar hele woonstel met rose en kerse versier,” vertel Reandi. “Hy het selfs vir hulle ’n romantiese ete berei en toe hy op een knie afsak, het hy Esti aanvanklik onkant gevang. Maar toe sy haarself kon kry sê sy duidelik ‘ja’!”

Die volgende dag, op Donderdag 16 Augustus, kan die duifies nie genoeg van mekaar kry nie, tot Marko vir Esti sê hy weet sy is swanger. Esti kyk hom skeef aan. “Sy het nie ’n idee waarvan hy praat nie, tot Marko na die swangerska­ptoets verwys.”

Esti is onmiddelli­k woedend. “Sy sê vir Marko sy is nie swanger nie en die swangerska­ptoets waarop hy in haar woonstel afgekom het, is ’n vriendin s’n, nie hare nie.”

FIASKO EN BABELAS

Dinge is ongemaklik tussen Marko en Esti op Vrydag 17 Augustus en hulle probeer mekaar om elke hoek en draai vermy. “Dis duidelik Marko het drooggemaa­k en hy wonder of hy die regte besluit geneem het deur Esti te vra om te trou,” sê Francois.

Later die dag kom die twee uiteindeli­k bymekaar en het ’n openhartig­e gesprek. Wat hulle besluit om te doen mag ons nie verklap nie, maar teen Maandag 20 Augustus het die storm nog nie gaan lê nie. Marko word wakker met ’n kwaai babelas. “Hy sukkel om te onthou wat gebeur het, maar wanneer hy Esti wil vra is sy afsydig teenoor hom,” vertel Francois.

Marko het duidelik in ’n onbesonne oomblik iets verkeerds gedoen – en Esti is dalk reg om hom finaal weg te jaag en aan te beweeg.

VERLEDE KEER

Die nuweling Tineke het as joga-instrukteu­r by die leefstylse­ntrum begin werk en die koppe laat draai, Mariaan is uit die tronk vrygelaat, en die Hillside-manne het soos vroue aangetrek ter herdenking van Vrouedag.

15 – 17 AUGUSTUS

Vince probeer sy verhouding met Aggie red, Esti deel groot nuus met Connie, en Justin se vermoedens word bevestig. Chris weerhou belangrike inligting oor Willem van Amorey, Justin vertel Aggie skoknuus, en Xander vind ’n oplossing vir Vince se probleme. Later verklap Karmen amper Charmaine se geheim.

20 – 24 AUGUSTUS

Marko kan nie onthou wat die vorige aand gebeur het nie, en Mariaan stem nie saam met Chris se besluite nie. Jacob se geheim kom op die lappe, en André en Diederik probeer Marko uit die moeilikhei­d kry. Rickus en Alexa ondersteun Amorey wanneer sy ’n moeilike tyd beleef, Esti is onseker of sy Ben die waarheid moet vertel, en Matrone is bly om terug te wees in Hillside. Mariaan probeer Willem moed inpraat om dinge reg te maak in sy huwelik met Amorey, Esti begin Monique se ware kleure raaksien, en Rickus is vasbeslote om sy passie vir sport te volg.

27 – 28 AUGUSTUS

Justin en Vince kry skokkende nuus, en Lesedi verlekker haar in die Welmans se smart. Jacob bied sy hulp aan, en Fikani deel sensitiewe inligting oor ’n pasiënt met Alexa.

 ??  ?? Marko en sy meisie, Esti (inlas), moet besin oor hul verhouding.
Marko en sy meisie, Esti (inlas), moet besin oor hul verhouding.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa