TV Plus (Afrikaans)

Gelukkige einde

Pippa en Lieb wil hul gesin uitbrei en hulle groet Binneland.

-

Die pasgetroud­es Pippa en Lieb (Nadia Valvekens en Dirk Stoltz) is op Woensdag 15 Augustus skaars terug van hul wittebrood wanneer die eerste groot hindernis in hul huwelik opduik: Hulle spoor die straatkind Floyd (Siyabonga Mtshali), wat hulle wil aanneem, se pa op, maar nou moet hulle hom eers oorreed om afstand te doen van sy kind.

“Pippa wil Floyd se omstandigh­ede tot elke prys probeer verbeter en vir hom ’n standvasti­ge huis bied. Maar sy is bang Floyd se pa gaan weier en dat hy die kind van hulle gaan wegneem,” sê Nadia.

Pippa se moed sak in haar skoene wanneer die pa laat weet hy wil eers vir Floyd sien. Nadia vertel: “Floyd wil niks van sy pa weet nie en Pippa is bang die kind gaan wegloop voor die ontmoeting plaasvind. Hy is geneig om te vlug wanneer daar probleme opduik.” En dit sal haar hart breek as Floyd weer op straat beland.

VREUGDE EN TELEURSTEL­LING

Voorsorg is beter as nasorg en Pippa praat voor die beplande ontmoeting eers mooi met Floyd en smeek hom om nie die pad te vat nie. Maar Pippa se mooipraatj­ies is toe oorbodig, want Floyd se pa daag glad nie op nie. Die volgende dag skep Pippa weer moed wanneer die man haar kontak en instem om haar persoonlik te ontmoet. “Pippa staal haarself, want sy weet glad nie wat sy kan verwag nie. Maar sy word wreed ontnugter wanneer Floyd se pa sê hy wil niks met sy kind te doen hê nie. Dit is eintlik hartverske­urend,” vertel Nadia.

Lieb ondersteun sy vrou en ken die regsproses goed genoeg om raad te kan gee, sê Dirk. “Lieb troos Pippa en sê as die pa nie vir Floyd wil hê nie, moet hy sy kind afteken. Dit beteken Pippa en Lieb sal dan vir Floyd kan aanneem.”

EMOSIES KRY DIE OORHAND

Die situasie raak oorweldige­nd. “Ondanks Lieb se ondersteun­ing is Pippa raadop en sy begin moed verloor oor Floyd se toekoms,” sê Nadia. Sy pak by haar kollega Annelize (Cindy Swanepoel) af, en Annelize praat haar moed in. Floyd hoor intussen sy pa wil hom nie hê nie en net wanneer dit lyk of hy weer sy rug op almal wil draai, gryp Annelize op die regte tyd in wanneer sy die seun in Tonik raakloop. “Annelize vertel vir Floyd hoe gelukkig hy is dat twee mense hom graag wil hê. Sy sê ook hy is dalk nie gebore by die regte ouers nie, maar dalk het hy nou met ’n ompad by die regte ouers uitgekom.”

Floyd kry skielik weer hoop vir die toekoms en noudat hy die situasie aanvaar, raak hy elke dag liewer vir Pippa, Lieb, sy dogter Celeste (Kika Smit) en die kleinding, Dian (Noah Geldenhuys).

Nou moet die aannemings­proses net sonder stuikelblo­kke verloop.

 ??  ?? Floyd voel tuis by Pippa, Celeste en Lieb.
Floyd voel tuis by Pippa, Celeste en Lieb.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa