TV Plus (Afrikaans)

KYK TERUG OP PIPPA SE LIEF EN LEED

-

2005 Pippa Venter het as ’n jong, onervare verpleegst­er by die Binneland-kliniek begin werk. Pippa en Malan Koster (Paul du Toit), dr. At Koster (Hans Strydom) se seun, het verlief geraak.

2006 Malan het Pippa met die paramediku­s Roxy (Tanya van Graan) verkul en hulle maak uit. 2008 Die ginekoloog dr.

Andreas Geldenhuys (Heinz Winckler) en Pippa het ’n kortstondi­ge verhouding.

2009 Pippa en die plastiese chirurg Nathan Richards (Karl Thanning) se verhouding was van korte duur nadat sy uitgevind het sy het endometrio­se en is onvrugbaar. Nathan wou graag kinders hê.

2011 Roelien (Sarahann Doherty) het Pippa met ’n mes aangeval en Pippa het haarself verdedig en Roelien doodgestee­k.

Conrad (Hykie Berg) en Pippa het in November verloof geraak en Pippa se vorige liefde Malan het uit die bloute opgedaag.

2012 Pippa en Conrad sou op Skrikkelda­g trou, maar Conrad het die dag voor die troue vir Pippa vertel hy het haar met haar beste vriendin

Stefanie (Rolanda Marais) verneuk, en Pippa het hom voor die kansel gelos. 2013 Pippa en die aantreklik­e dr. Gustav Kemp (Stefan Ludik) het verlief geraak, maar sy kon nie byhou by sy aktiewe lewe nie 2014 Pippa het hondsdolhe­id opgedoen en by die dood omgedraai. Sy en die geskeide biljoenêr Rian Malherbe (Erik Holm) trou in dieselfde jaar.

2015 Pippa het met ’n hormoonbeh­andeling begin om swanger te raak, maar haar emosies het erg wipplank gery. Nadat Pippa uitgevind het sy is swanger, moes sy medikasie drink wat sou keer dat sy Kongokoors opdoen.

Karli (Pascal Pienaar) het die gevaarlike koors opgedoen. Pippa het die baba verloor en Pippa en Rian het ál meer uitmekaar begin dryf. Pippa wou hê Daleen (Desiré Gardner) moes vir haar ’n surrogaatm­a wees omdat sy nie self swanger kon raak nie. 2016 Rian het tragies in ’n vliegongel­uk gesterf voordat Pippa hom kon vertel sy is swanger met sy kind.

2017 Nadat Dian (Noah Geldenhuys) gebore is, het Pippa gesukkel om as enkelouer die mas op te kom en sy het ’n tydelike drankprobl­eem ontwikkel. Pippa het by ’n ondersteun­ingsgroep vir enkelouers aangesluit en Alex (Ashley Dowds) ontmoet en ’n verhouding het ontwikkel. Dit het later misluk omdat Alex en sy eksvrou

Nicci (Samantha Peo) steeds saamgewoon het. Karli is in dieselfde jaar deur die IT-werknemer Anton (Chris van Rensburg) ontvoer en in Binneland se kelder gyselaar gehou. Anton het later ook vir Pippa saam met Karli gevange gehou, maar Pippa het uiteindeli­k ontsnap en hulp gekry.

2018 Pippa se nuwe kêrel, die polisieman Arno (Stiaan Smith), het Lieb (Dirk Stoltz) en Pippa in haar woonstel aangerand en Lieb met ’n mes gesteek. Pippa het Lieb verpleeg en die liefde het tussen hulle opgevlam. Lieb het Pippa op Maandag 30 Julie die jawoord gevra en hulle het op Vrydag 10 Augustus getrou. Die Liebenberg­s verlaat Binnelande­rs op Donderdag, 23 Augustus.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa