TV Plus (Afrikaans)

Geraamte in die kas

Lindy se ekskêrel Roy maak amok in haar verhouding.

- Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Die son verduister op Woensdag 15 Augustus vir die Strydersru­gbyspelers se fisioterap­eut Lindy (Chantal Stanfield) wanneer haar ekskêrel Roy (Emmanuel Castis) onverwags by haar kantoor opdaag. “Die man beteken moeilikhei­d, groot moeilikhei­d,” verklap Chantal. “Roy is ’n lelike geraamte in Lindy se kas en sy sal verkies hy moet daar bly.”

Maar Roy laat hom nie so maklik afskrik nie, en hoe langer hy in die Goudstad bly, hoe meer spanning veroorsaak hy tussen Lindy en haar huidige kêrel, Liam (David Johnson).

LELIKE ONGELUK

Roy is ook ’n fisioterap­eut en hy en Lindy was drie jaar gelede in ’n ernstige verhouding – hul paaie het geskei nadat iets aardskudde­nds gebeur het. “Roy en Lindy was betrokke by ’n trefen-trap-ongeluk toe Roy, wat dronk was, ’n voetganger raakgery het,” vertel Chantal. Roy het nooit vir sy sonde geboet nie en het Lindy boonop oorreed om stil te bly daaroor. Die voetganger was ná die ongeluk in ’n rolstoel en het onlangs selfdood gepleeg.

Roy het Lindy nou kom soek, want hy is bang sy vind daarvan uit en onthul die geheim, sê Emmanuel. “Hy wil verhinder dat sy polisie toe gaan,” voeg hy by.

LEUENS EN VREES

Liam ontmoet Roy op Donderdag 16 Augustus, maar Lindy jok vir hom oor wie hy werklik is en stel Roy aan Liam voor as ’n voormalige kollega. “Sy sien nie kans om vir Liam te sê Roy was ook haar kêrel nie,” sê Chantal. “Sy is bang Liam gaan vyandig teenoor Roy optree en onnodige drama veroorsaak as hy die waarheid uitvind.”

Die volgende dag, op Vrydag 17 Augustus, is Lindy ’n groot senuweebol. “Haar gewete begin haar pla oor die leuen wat sy aan Liam vertel het.” En boonop daag Roy weer onverwags by haar kantoor op en begin praat oor die ongeluk om uit te vis of sy van die slagoffer se selfdood weet.

“Lindy raak ontsteld wanneer Roy oor die ongeluk uitvra, want sy het tot dusver haar bes gedoen om daarvan te vergeet. Hy kom krap weer die ou wonde oop,” sê Chantal. Roy kan sien hoe hy Lindy ontstel, maar hy hou aan om druk op haar te plaas, tot Lindy in woede uitbars en hom uit haar kantoor jaag.

OOP KAARTE

Roy sien Lindy weer op Maandag 20 Augustus in die hoop dat sy tot bedaring gekom het. “Hy besluit om oop kaarte met haar te speel en haar te vertel van die voetganger se selfdood,” sê Emmanuel.

Lindy is geskok wanneer sy dit hoor. “Maar wat dinge vir haar erger maak, is wanneer Roy die vermetelhe­id het om te eis dat sy steeds moet stilbly oor sy aandadighe­id aan die ongeluk,” vertel Chantal.

Op Dinsdag 21 Augustus raak die las op haar skouers te groot en sy vertel Liam alles, maar hy reageer nie soos sy gehoop het nie. “Liam is diep teleurgest­eld omdat Lindy vir hom gejok oor wie Roy werklik is, en dat sy al die jare nog stilbly oor die ongeluk,” sê Chantal.

TWEEDE KANS?

Lindy smeek Liam op Woensdag 22 Augustus om haar ’n tweede kans te gee, maar teen Vrydag 24 Augustus besluit Liam om eerder alle bande met haar te verbreek. “Hy sê hy sal swyg oor die ongeluk, maar hy kan nie meer saam met Lindy wees nie omdat sy weier om die polisie die waarheid te gaan vertel,” sê Chantal.

 ??  ?? Roy is iemand uit Lindy se verlede wat sy nie weer wou sien nie.
Roy is iemand uit Lindy se verlede wat sy nie weer wou sien nie.
 ??  ?? Die spanning bou op tussen Liam en Lindy.
Die spanning bou op tussen Liam en Lindy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa