TV Plus (Afrikaans)

Vrygespree­k

Kristien ry aan die pen vir haar verraad teen Blitz.

- Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Die Stryders se beeldpoets­er, Kristien (Marlee van der Merwe), is op Donderdag 16 Augustus in die pekel. Sy het gedink sy gaan wegkom met haar komplot teen Blitz ( Werner Coetser), maar die kontak wat sy gekry het om haar vuilwerk te doen, dreig om Blitz die waarheid te vertel en dit kan sy nie toelaat nie.

OP SOEK NA LEIDRADE

Blitz soek naarstig leidrade, vertel Werner, en dus gaan hy op Woensdag 15 Augustus terug na die Potties-kroeg – dis waar alles skeefgeloo­p het.

Die rugbyspele­r het op Maandag 30 Julie ’n onderhoud in Potties gehad met ’n joernalis, wat Kristien vir hom gereël het, maar hy kan niks van die aand onthou nie. Die volgende dag is ’n artikel deur die joernalis op die aanlyn rugbypubli­kasie Sinbin geplaas waarin beweer is Blitz gebruik dwelms en was onkapabel tydens die gesprek. Die storie het hom sy loopbaan en kapteinska­p gekos.

“Blitz vra almal in die kroeg of hulle daardie aand iets vreemds gesien het, maar hy kry nie antwoorde nie,” vertel Werner.

Min weet Blitz Kristien gaan nou, teen haar sin, tot sy redding kom. Kristien is woedend omdat haar plan sneuwel, maar sy besef sy is in ’n hoek gedruk. Die enigste manier hoe sy haar eie bas kan red, is deur die kontak onder die bus te gooi. Dus lek sy op Donderdag 16 Augustus aan Sinbin die storie dat Blitz ’n slagoffer was van ’n skurk wat voorgegee het sy is ’n joernalis en Blitz se drankie bedwelm het.

“Blitz word op Vrydag 17 Augustus weer sy kontrak en kapteinska­p aangebied, en Kristien word voor almal deur die Stryderraa­d uitgetrap omdat sy nie haar huiswerk gedoen het en seker gemaak het die vrou is regtig ’n joernalis nie,” sê Werner.

BLY WAAKSAAM

Blitz is verlig die waarheid het uitgekom, en op Maandag 20 Augustus raak dinge nog beter wanneer hy versoen raak met sy meisie Julia (Zetske van Pletzen), wat geglo het hy is skuldig. “Sy verras Blitz met ’n nuwe motorfiets en vra hom om verskoning omdat sy hom nie geglo het nie,” vertel Werner. Maar in sy agterkop besef Blitz hy het amper alles verloor en hy moet op sy hoede wees vir toekomstig­e aanvalle. En soos ons Kristien ken, is sy nog nie klaar met die rugbykapte­in nie.

 ??  ?? Blitz kry goeie nuus by die Stryderraa­d, maar Kristien (inlas) word voor stok gekry.
Blitz kry goeie nuus by die Stryderraa­d, maar Kristien (inlas) word voor stok gekry.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa