TV Plus (Afrikaans)

Die verkeerde tyd

Wade beëindig sy verhouding met Zoe.

- Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

Wade en Zoe (Dean John Smith en Lauren Joseph) se verhouding is wankelrig sedert Zoe in Julie uitgevind het sy is swanger. Vir haar is die gedagte om ma te word angswekken­d, maar Wade kan nie wag nie. Zoe glo ’n aborsie is die enigste uitweg en wanneer Wade op Woensdag 15 Augustus daarvan uitvind, is hy geskok.

Wade probeer Zoe op Donderdag 16 Augustus ernstig oortuig om hul kind te hou. “Die tydsbereke­ning is dalk nie reg nie, maar ’n kind kan net geluk bring. Hy glo vas hy en Zoe kan ’n kind grootmaak en dat sy selfsugtig is om ’n aborsie te oorweeg,” sê Dean. Zoe smeek hom om haar te ondersteun, maar Wade kan nie en besluit net daar om hul verhouding te verbreek.

ONAANVAARB­AAR

Zoe is verpletter en probeer op Vrydag 17 Augustus met Wade praat en hom rede laat insien, maar “Wade wil niks van Zoe hoor nie”, sê Dean. “Hy dink Zoe plaas haar welstand en loopbaan bo hul liefde en ongebore kind en dit kan hy nie aanvaar nie.”

Lauren sê Zoe “smeek hom om hul verhouding nog ’n kans te gee, maar Wade sê die enigste manier hoe hulle saam kan wees is as sy nie na die abor- siekliniek gaan nie.”

TWEESTRYD

Zoe is in ’n tweestryd op Maandag 20 Augustus en weet nie wat om te doen nie. Haar vriendinne Bianca en Carmen (Simone Biscombe en Desiré Gardner), wat hoor sy is swanger, gee haar raad. “Bianca sê vir Zoe sy het ook eers getwyfel of sy ’n ma wou wees, maar nou kan Bianca haar nie ’n lewe sonder haar dogter, Stella (Phoenix Isabella Bennett), voorstel nie,” vertel Lauren.

Die dag van die aborsie breek op Dinsdag 21 Augustus aan en Zoe besluit om dit tog te laat doen. Wade staan uiteindeli­k by haar, maar die volle impak van haar besluit tref hom op Donderdag 23 Augustus: Zoe het gekies om hul kind te aborteer en hy kan haar nie meer in sy lewe hê nie. “Hy kan haar nie vergewe nie,” sê Dean.

Op Vrydag 24 Augustus probeer Zoe aangaan met haar lewe en val weer by Suidooster-Eiendomme in. “Haar kollegas ondersteun haar, maar dinge is nie meer dieselfde nie,” sê Lauren. Wanneer Zoe en Wade mekaar later die dag raakloop, is hulle hoflik teenoor mekaar, maar daar hang ’n swaar wolk oor die twee gebroke mense. En ons weet nie of hulle ooit weer heel gaan wees nie.

 ??  ?? Wade kan Zoe nie vergewe vir haar keuse om nie hul baba te hou nie.
Wade kan Zoe nie vergewe vir haar keuse om nie hul baba te hou nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa