TV Plus (Afrikaans)

Ongelukkig­e nadraai

’n Motorbotsi­ng volg op Pranav se konfrontas­ie met die sluwe Sanil Maharaj omdat hy ’n jong paartjie manipuleer.

- Imbewu Weekdae e.tv (DStv *194/Openview HD *104) 21:30

Pranav Rampersad (Koobeshen Naidoo) is ’n gentleman met ’n donker kant. “Soos baie saggeaarde mense het Pranav ’n knoppie wat jy nie moet druk nie, en in sy geval is dit sy familie – veral sy dogters,” sê Koobeshen. Koppe sal dus rol wanneer Pranav op Dinsdag 21 Augustus uitvind Sanil Maharaj (Jack Devnarain) het Pranav se dogter Shria (Kajal Maharaj) gemanipule­er sodat sy belowe het om met Sanil se gay seun Yuveer (Zahir Bassa) te trou. “Sodra hy besef hoe slinks Sanil regtig is, gaan kykers ’n sterker, meer uitgesprok­e Pranav sien,” waarsku Koobeshen. Ons sien ook ’n meer emosionele Pranav ná hy Shria op Vrydag 24 Augustus konfrontee­r. En wanneer Pranav beheer verloor, lei dit tot ’n yslike botsing op Maandag 27 Augustus.

GEDRYF DEUR EMOSIE

“Die ongeluk gebeur omdat Pranav reageer soos iemand wat deur sy geliefdes seergemaak en bedrieg is,” sê Koobeshen. “Woede en pyn dryf hom om van sy familie te wil wegkom, en hy ry doelloos rond tot die botsing gebeur.” Maar is dit regtig ’n ongeluk? Want mense wat met Sanil swaarde kruis, bly nie lank nie. En daar’s soveel mag om te gryp noudat Pranav gerieflik in ’n koma is vanaf Dinsdag 28 Augustus!

ONGELUKSVE­RSLAG

“Die verfilming van die ongeluksto­neel was taai,” vertel Koobeshen. “Die polisiekar­re, ambulans en paramedici het dit die gevoel van ’n regte ongeluk gegee. En om so laatnag in Durban rond te ry gee ’n mens ’n baie ander blik op die stad. Dan is daar die motorwrak en ek wat op die teerpad lê . . .” Hy voeg by hy was styf van die koue teer en dit het lank geneem om die bloedgrime­ring af te kry. “Die snaaksste was die foeliekomb­ers waarmee hulle jou toemaak wat so warm is. Die paramedici het gesê ek sal soos ’n braaihoend­er voel, en dit was so!”

KOMA-KOMPLIKASI­ES!

“Dis baie moeilik vir ’n akteur om ’n komateuse toestand te vertolk,” sê Koobeshen. “In die eerste toneel waar my karakter in ’n koma is, het ek besef ek volg die gesprek met my oë, al is hulle toe. Ek moes toe bewustelik op iets anders fokus.”

 ??  ?? Pranav word ernstig beseer en beland in ’n koma, maar dis dalk nie per ongeluk nie . . .
Pranav word ernstig beseer en beland in ’n koma, maar dis dalk nie per ongeluk nie . . .
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa