TV Plus (Afrikaans)

So vlieg die tyd

Tbose en Kwaito kom ’n lang pad die afgelope sewe jaar.

- Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Dit was ’n wilde tyd vir Skeem Saam en sy karakters in Turfloop vandat dit in 2011 as ’n weeklikse drama begin het en teen 2014 een van SA se mees gekykte weekdagsep­ies was. Die kinders, wat eers hoërskooll­eerders was, is nou byna almal volwasse, en as jong grootmense is hulle op die punt om te gaan werk. “Kykers was al die pad saam met hulle,” sê die hoofskrywe­r, Lunga Hadebe. Met seisoen 7 wat pas begin het, het ons met Cornet Mamabolo en sy beste pel op skerm, Clement Maosa, gesels om van hul karakters, Tbose en Kwaito, se reis na volwassenh­eid uit te vind.

GROEIPYNE

Tbose is van die begin af fyn dopgehou toe hy die sepie begin het met ’n noodlottig­e tref- en-trapongelu­k wat sedertdien by hom spook. Dit het in 2014 nie beter met hom gegaan nie – die tienerpa se streng ouers, Meikie en

John (Harriet Manamela en Africa Tsoai), het teen hom uitgevaar omdat hy so onverantwo­ordelik was, maar dit het sy karakter help ontwikkel, verduideli­k Cornet. “Tbose moes sterk word en op varsity het hy sy prioriteit­e reggekry. Hy wil ’n bestendige omgewing vir sy jong seun skep,” voeg die 28-jarige by. Al het hy ’n oudisie afgelê vir Kwaito, sê Cornet Tbose is ’n seën, want “soos my karakter moes ek ook grootword. Daarsonder sou ek my kans misgeloop het om ’n sakeman te word en ’n eie finansiële- dienstemaa­tskappy te open.”

ARMOEDIGE BESTAAN

Anders as Tbose se ryk familie het Kwaito grootgewor­d met baie min geld en hy moes die man in die huis wees sedert sy onverantwo­ordelike pa, Lucas (Patrick Shai), hulle in 2014 verlaat het. “Kwaito moes oornag groot- en verantwoor­delik word en hard werk om vooruit te kom,” sê Clement. Maar moeilikhei­d het hom soos ’n skadu gevolg – in 2013 het sy eksmeisie Lelo (Amanda du-Pont) die aspirant-skrywer se roman gesteel vir die tantième, en in April vanjaar is sy ingenieurs­projek gesteel deur sy dosent mnr. Spiller (Jürgen Hellberg), wat ná die tyd vermoor is. “Sy familie het vertroue in homverloor, maar Kwaito is vasbeslote om suksesvol te word,” sê die 30-jarige Clement.

 ??  ?? Tbose (links) en Kwaito het die afgelope sewe jaar grootgewor­d.
Tbose (links) en Kwaito het die afgelope sewe jaar grootgewor­d.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa