TV Plus (Afrikaans)

Dood by ’n begrafnis

In sy soeke na wraak het Mthunzi sy eie graf gegrawe . . .

- Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Die dag toe Mthunzi (Bongile Mantsai) Siseko Langa (Hlomla Dandala), op Woensdag 13 Junie ontvoer, het hy sy vyand gevra: “Onthou jy my?” 'n Leeftyd van woede was in die vraag toe Mthunzi die Langas vol berou wou maak omdat hulle Mthunzi se kinderjare vernietig het. “Mthunzi wou Siseko in die oë kyk en vir hom sê: ‘Ek het alles van jou weggeneem. Ek het jou geliefdes weggevat, ek het jou dogter weggeneem. Ek neem jou besigheid oor. Ek wou jou dit wys.' Maar nou's dit te laat,” sê Bongile. Weens 'n groot fout van Mthunzi se misdaadmaa­t, Chichi (Mbonisi Mahonondo), rafel alles uit op Donderdag 16 Augustus. En Mthunzi moet nie net 'n begrafnis bywoon op Donderdag 23 Augustus nie, maar ook lofsange uiter wanneer hy die oorledene eintlik wil vervloek.

DIE WAARHEID, IN WESE

Wat ook al Mthunzi se gevoelens oor die Langas was, dis 'n ander storie om 'n ma se verpletter­de gesig te sien wanneer sy haar kind begrawe. “Mthunzi is 'n slegte mens, maar dit is hartverske­urend. En om te sien hoe die ma ineenstort is nie pragtig om te aanskou nie,” sê Bongile.

Selfs voor die begrafnis het dit duidelik geword dit is nie die enigste graf wat Mthunzi gegrawe het in sy soeke na wraak nie – hy voel reeds die grond onder sy voete verkrummel. Alle oë sal op hom wees. “Die polisie probeer 'n verband vind in die storie oor wat gebeur het. En Mthunzi se ma begin vra of Mthunzi deel is van die ontvoering en moord. Romeo is bitter, want Mthunzi het Xolile (Sivenathi Mabuya) gevat en Romeo is nie dom nie. Mense begin weet wie Mthunzi is omdat hy soveel tyd hier bestee,” sê Bongile.

DRIE GRAFTE

Daar is nog 'n bedreiging waaraan gedink moet word. Wanneer 'n onverwagte rouklaer by die begrafnis opdaag op Vrydag 24 Augustus, kom ons sê hulle moet later kyk hoeveel lyke daar in elke graf is. “Mthunzi moet nie net 'n kopspeletj­ie speel nie, hy moet nommer nege in die sokkerspel speel – hy moet 'n doelskoppe­r wees,” sê Bongile.

“Die spel verander nou, hoe teken ek nou weer 'n doel aan?” Maar al doen Mthunzi wat hy moet doen met genadelose effektiwit­eit, sal sy afwesighei­d gemerk word. “Hy is 'n spreker by die begrafnis, maar niemand weet waar hy is nie. Dis 'n groot probleem,” sê Bongile.

 ??  ?? Smart of frustrasie? Mthunzi wou regtig nie ’n begrafnis bywoon nie.
Smart of frustrasie? Mthunzi wou regtig nie ’n begrafnis bywoon nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa