TV Plus (Afrikaans)

Nuwe inwoners

Die Mthethwas sal enigiets doen om hul kind te beskerm teen die bose “wit leuens” oor albinisme.

- Uzalo Weekdae SABC1 (*191) 20:30

’n Nuwe familie sluip laataand op Vrydag 24 Augustus by die township in. Die Mthethwas is nie misdadiger­s nie, maar hulle steek iets vir die mense van KwaMashu weg: hul tienjarige dogter, Khwezi, het die toestand albinisme, en dit beteken ’n prys is op haar kop geplaas. En met R1 miljoen op die spel sal ’n sindikaat uit Khwezi se tuisdorp, Manguza in die landelike KZN, enigiets doen om haar in die hande te kry, lewend of dood! Die Mthethwas is gedwing om alles te los en hulle is desperaat op soek na ’n helpende hand. Maar dis moeilike ekonomiese tye in KwaMashu en selfs die sopkombuis by die kerk wys hulle weg op Maandag 27 Augustus.

KHWEZI (OWETHU ZULU)

Die tienjarige is ’n slim, gelukkige meisie wat net ’n skool soek waar sy kan leer en vriende maak. Khwezi mis haar skoollesse en om ’n huis te hê, en sy’s verward oor haar pa en ouma se geheimsinn­igheid, want hulle het hul bes gedoen om haar te beskerm teen die gevaar wat haar bedreig.

SIMON (SIMPHIWE NXUMALO)

Khwezi het albinisme geërf by haar godvresend­e pa, Simon. Hy’s ’n innemende man in sy veertigs en ’n goeie pa wat alles moontlik sal doen om sy gesin te beskerm en vir hulle te sorg – geen werk is vir hom te nederig om te doen om dit reg te kry nie. Simon wil hê sy dogter moet met die vryheid kan leef wat ’n kind veronderst­el is om te hê, pleks daarvan om soos ’n gevangene in die huis te wees uit vrees dat sy in die straat gegryp sal word. Hy wil Khwezi red van die vooroordee­l, onkunde en skeldname wat hy as kind moes verduur weens hul gedeelde toestand, en hy’s altyd gereed met ’n grappie om die gemoedere te lig. Ongelukkig vir Simon is ’n familielid betrokke by die mensehande­lsindikaat wat op Khwezi se spoor is.

MAGWALA (KEKETSO SEMOKO)

Simon, ook Bab’ Mthethwa genoem, se weduweema, MaGwala, is ’n dapper, vindingryk­e en beskermend­e vrou, al is sy soms ’n bietjie bitter oor haar lot in die lewe. Sy het jare gelede uit haar eie huis gevlug om haar seun Simon te red van sy pa, wat hom wou laat steel ná hy sy gesin verlaat het. Nou moes sy weer vlug om haar kleindogte­r te beskerm. MaGwala het haar oog op ’n werk in die salon, maar in KwaMashu kan sy haar vaardighed­e goed benut, want sy is ’n talentvoll­e naadwerker met ’n aanvoeling vir die mode.

 ??  ?? Die Mthethwa-familie wil ’n nuwe begin maak.
Die Mthethwa-familie wil ’n nuwe begin maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa