TV Plus (Afrikaans)

Onder beleg

Die mynwerkers draai teen hul base en breek by Sibeko Gold in.

- Isidingo Weekdae SABC3 (*193) 19:00

“Benjamin is net begaan oor geld en die besigheid. Hy’s onbewus van wat met die myners aangaan,” sê Arno Marais van sy karakter se storielyn. Nadat Ben middel Junie met Ntando Sibeko (Lerato Mofokeng) saamgespan het, het hulle besluit om die Sibeko Gold-myn te outomatise­er. Dit het tot werkverlie­se gelei en op Maandag 13 Augustus het die stakende werkers die onskuldige Wendy (Michelle Belling) aangeval in haar mynbestuur­der-swaer Hen

drik (Gérard Rudolf) se huis. En nes in die regte wêreld gaan dinge warmer raak met die protesoptr­ede.

KOM ONS PRAAT

Die myner Sibiya (Thulani Mtsweni), wat binnekort werkloos gaan wees, vra Ben op Vrydag 17 Augustus uit oor sy spoggerige nuwe kar in die werk se parkeerare­a. “Die volgende ding wat Ben weet, is sy motor is aan die brand!” roep Arno uit. Maar selfs dit is nie genoeg om die Sibeko-grootbaas be- kommerd te maak nie. Arno sê: “Daar’s geen probleem wat nie bespreek en uitgewerk kan word nie in Ben se kop. Hy het ook die Sibeko Gold-swaargewig

Lincoln (Lindani Nkosi) in sy hoek, maar ek dink Lincoln is vals. Hy wil Ben uit die hoofposisi­e hê, en om hom hier te ‘help’ sal dit verseker.”

VEG TERUG

’n Ongeërgde Ben bestel die nuwe myntoerust­ing op Woensdag 22 Augustus, maar dis olie op die vuur. Al beweer Ben hy’s gereed vir onderhande­ling stuur hy die polisie om die plofbare situasie op Vrydag 24 Augustus te “kalmeer”, maar die myners en polisie raak handgemeen. Vir die myners is daar net een keuse op Vryday 24 Augustus: hulle gaan die Sibeko Gold-kantore bestorm en die man vind wat hulle afgedank het.

WERKVAKANS­IE

Arno en sy karakter gaan ’n blaaskans neem van Horizon Deep. Hy gaan nie met vakansie nie: “Ek werk aan ’n biografies­e kortfliek oor Winnie Mandela en ek het wonderlike oudisies en projekte wat wag. Maar Ben sal terug wees,” sê die akteur.

 ??  ?? Sibiya lei ’n aanval op die Sibeko Gold-gebou, op soek na Ben, wat niks vermoed nie.
Sibiya lei ’n aanval op die Sibeko Gold-gebou, op soek na Ben, wat niks vermoed nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa