TV Plus (Afrikaans)

Mure en grense

Twee vroue word uit hul gemaksone geruk deur hul mans se verraad en moet die grens oorsteek om te oorleef.

- On The Other Side Of The Wall Weekdae Telemundo (*118) 20:00 (begin 20 Augustus)

Eliza en Sofia (Litzy en Marjorie de Sousa) kom uit verskillen­de agtergrond­e, maar hulle het iets gemeen: hul mans het hul lewe verwoes. Vir die eenvoudige bakker Eliza was dit ’n bedekte seën om getroud te wees met die speurder

Max (Khotan) – polisiewer­k is edel, maar toe verdwyn Max terwyl hy aan ’n saak in die VSA werk. Sofia is ’n oud-skoonheids­koningin en saam met haar man, die opkomende Mexikaanse politikus Ernesto (Gabriel Porras), het sy ’n luukse lewe gelei. Maar haar huwelik was op die rotse toe Ernesto dreig om haar te vermoor ná sy uitvind hy bedryf eintlik ’n mensehande­lsindikaat en gebruik sy posisie om sy spore dood te vee.

TYDREISIGE­RS

Die drama vind nie net aan weerskante van die VSA-Mexikaanse grens plaas nie, maar ook in twee tydperke: toe Eliza en Sofia gelukkig getroud en ma’s vir hul kinders was, en tien jaar later toe alles verander het. Die tydsprong beteken die aktrises moet twee verskillen­de persoonlik­hede vir hul karakters hê. Dis iets wat Litzy geniet en sy vertel: “Ek is nie ’n ma in die regte lewe nie, dus het ek die gelukkige weergawe van Eliza rondom my eie ma geskep. Later moet Eliza ’n sterk, beskermend­e vrou word wat drie kinders op haar eie grootmaak omdat haar man verdwyn het, en hoewel sy bly hoop hy sal terugkom, moet sy aangaan met haar lewe.”

HELE NUWE WÊRELD

Die jonger Eliza is naïef oor die groot slegte wêreld wat haar man as ’n polisieman moet trotseer, en dis waarom sy glad nie onraad vermoed nie terwyl hy blatant vir haar lieg. Dis tog te verstane ’n speurder moet ’n tweede foon hê, of hoe? Verrassing! Dis ’n foon vir sy tweede vrou, Jennifer (Daniela Bascopé), by wie hy alte lekker woon wanneer hy vir Eliza en die kinders sê hy werk anderkant die grens.

MANS IN DIE MIDDEL

Max en Ernesto sal gedwing word om moeilike besluite te neem vanweë die vroue in hul lewe. Ernesto verander Sofia in ’n vlugteling deur haar na ’n moordenaar te laat lyk, en Max het dubbele drama wanneer Jennifer hom laat agtervolg en van sy tweede gesin uitvind. En sy gaan hul seun en sy mediese toestand gebruik om Max te dwing om te kies aan watter kant van die grens hy wil wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa