TV Plus (Afrikaans)

Verhoog die hitte!

Dit verg ’n gevaarlike situasie voor Nicole en Eric hul liefde aan mekaar erken . . . iets soos die naderende dood.

- Days Of Our Lives Weekdae e.tv (*194) 17:15

Nicole en Eric (Arianne Zucker en Greg Vaughan) dink straks hulle het hul verlede as ’n paartjie agtergelaa­t – maar verhoog die hitte, stroop die klere af en ons sal die naakte waarheid sien! Die twee vlug desperaat voor Victor (John Aniston) se gek moorddadig­e neef Xander (Paul Telfer) sedert Eric op Maandag 13 Augustus gekeer het dat Xander Nicole vermoor. Maar dinge word behoorlik warm wanneer Xander hulle op Woensdag 15 Augustus in ’n kontroleka­mertjie in die kelder van die Titan TV- gebou vaskeer en toesluit . . . daar waar die verhitting­spype van die gebou verbyloop. Eric is nog verstom ná hy uitgevind het sy liefie Serena (Melissa Archer) het ’n affair met Xander gehad, en dat sy Eric gebruik om by Xander se bloeddiama­nte uit te kom. Maar danksy Nicole sal hy nie te lank hartseer wees nie – terwyl hulle oor hul lot wonder erken Eric aan Nicole sy is die enigste vrou wat hom ooit regtig liefgehad het.

OP HETE KOLE

Nicole sê eers sy is eintlik lief vir Daniel (Shawn Christian) . . . Maar Xander stel die hitte ál hoër op Donderdag 16 Augustus om hulle te versmoor, en Nicole en Eric begin so sweet dat hulle hul klere uittrek en net hul onderklere aanhou. Dis wanneer hulle uiteindeli­k aan mekaar erken “jy sal altyd die liefde van my lewe wees”. Nicole voeg by: “As dit die einde is, is dit miskien die heelal se manier om te sê dis reg so. Dat ons bedoel is om vir ewig saam te wees.” En terwyl Xander uitwerk hulle sal nie meer as ’n uur in die hitte oorleef nie, soen Eric en Nicole en dink hul laaste oomblikke het aangebreek.

DIE NAAKTE WAARHEID

Kykers sal asem ophou wanneer Serena en Daniel op die laaste nippertjie opdaag en die bewustelos­e en skamel geklede Nicole en Eric op Vrydag 17 Augustus bevry. Serena dink dadelik die twee het ons-gaan-doodgaan-seks gehad. “Selfs al het Eric haar gelos, moes Serena uitvind Eric het nog die hele tyd gevoelens vir Nicole gehad, en dis wie hy eintlik wil hê. En dit maak seerder as die seks wat Serena dink gebeur het,” vertel Melissa.

 ??  ?? Nicole en Eric trek hul klere uit wanneer dit regtig warm word en hulle vrees hulle gaan versmoor.
Nicole en Eric trek hul klere uit wanneer dit regtig warm word en hulle vrees hulle gaan versmoor.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa