TV Plus (Afrikaans)

Eksie-perfeksie prokureur

Charlton George vertel hoe hy begrip gekry het vir die komplekse Dolf.

- Fynskrif Seisoen 1 Dinsdae kykNET (*144) 20:00

Die eksentriek­e prokureur Dolf Üngerer in die regsdrama Fynskrif is ’n enigma. Hy kom emosieloos voor en ly oënskynlik aan obsessief-kompulsiew­e steuring. “Ek het nog nooit ’n karakter soos Dolf vertolk nie,” vertel die 55-jarige Charlton George. “Akteurs maak op hul gesigsuitd­rukkings staat wat alles verklap maar omdat Dolf emosioneel afgestomp is, moes ek ’n ander manier vind om gestalte aan hom te gee.”

GEPROGRAMM­EERDE ROBOT

Buiten Dolf se kliniese kilheid was dit uitdagend om sy kompulsiew­e ge- dragspatro­ne te vertolk. “Alles wat Dolf doen is perfek. Sy pantoffels, penne en potlode word met presieshei­d geposision­eer. Hy knoop selfs sy das op ’n spesifieke manier. Jy kan die man altyd deur ’n ring trek,” sê Charlton.

Eintlik is Dolf soos ’n geprogramm­eerde robot, voeg hy by. “Hy beplan sy dag sodat alles seepglad verloop, anders word die mat onder hom uitgeruk. Selfs die manier waarop hy vir ’n hofsaak voorberei is soos ’n masjien.”

Charlton bieg hy is glad nie perfeksion­isties nie. Om in oefening te kom vir Dolf se kompulsiew­e gedrag het hy sommige dae probeer om alles net so perfek soos Dolf te doen. “Wanneer ek ontbyt geëet het, het ek soos Dolf my lepel geometries teenoor die papbord geplaas en my roosterbro­od en eier sekere grade op my bord geplaas. Dit was omtrent ’n toets vir

my vermoëns!”

HIPERINTEL­LIGENT

Maar ondanks Dolf se eienaardig­e gedrag het hy kwaliteite wat hom nommerpas vir die regsberoep maak. “Dolf is bogemiddel­d intelligen­t en het ’n lang-

 ??  ?? Charlton as die intelligen­te regsgeleer­de Dolf Üngerer, wat koud en klinies voorkom.
Charlton as die intelligen­te regsgeleer­de Dolf Üngerer, wat koud en klinies voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa