TV Plus (Afrikaans)

Kostelike kuierplek

Rina en kie het eersteklas lagmedisyn­e vir ’n blou Maandag.

- Seisoen 1 Maandae SABC2 (*192) 19:00 (begin 27 Augustus) Moeggeploe­g

Die Marico-streek in Noordwes is ’n taai wêreld met taai mense: Almal werk hard en speel hard. In Ottoshoop in Marico is die fiktiewe kuierplek Moeggeploe­g waar die gelyknamig­e reeks afspeel, en waar die kleurryke inwoners van die dorp hul lewenswel en wee met mekaar deel. “Omdat Ottoshoop ’n afgeleë plek is, is mense baie op mekaar aangewese en hulle kom gereeld bymekaar,” vertel die aktrise Rina Nienaber wat Moeggeploe­g (2013) saam met haar man, Dick Voorendyk, geskryf het.

BEKEND EN BEMIND

Die Noordwes-provinsie en sy mense is nie onbekend vir Rina en Dick nie. “Dick kom oorspronkl­ik van Noordwes en ons het ’n wegbreekpl­ek tussen Mahikeng en Lichtenbur­g. Daar’s juis ’n gewilde kuierplek, Die Gat, waar inwoners bymekaarko­m om hul dors te les, en dis waar ons die idee gekry het vir die reeks,” vertel Rina.

Die loodsepiso­de van Moeggeploe­g is in Die Gat verfilm, maar om praktiese redes kon die hele reeks nie daar geskiet word nie. ’n Kroeg in Honeydew, Johannesbu­rg, is as plaasverva­nger ingespan. “Ons het probeer om dieselfde atmosfeer as in Die Gat te skep,” voeg Rina by.

Interessan­te en eksentriek­e karakters hang in Moeggeploe­g uit saam met die eienaar, Vlok Vorster (Ben Kruger), en sy vrou, Vlerkies (Rina Nienaber). Daar is die barbier Dier Olivier (Marcel van Heerden), die jong melkboer Myburgh Cilliers (Chris van Rensburg), die stoepboer oom Kalfie

Sonnekus (Cobus Visser) en Glenda (Leandie du Randt Bosch), Vlok en Vlerkies se rock- enbiker- chick- dogter. Die wulpse kelnerin

Lulu Vermaak (Hanna Grobler) staan reg om almal te bedien en die kok Zoutevis (Jan Engelen) maak amper meer geselsies as kos. “Party van die name wat ons gebruik is name van mense wat ons werklik ken, maar die karakters is almal fiktief,” verduideli­k Rina.

HORLOSIE STAAN STIL

Moeggeploe­g is in 2013 op kykNET uitgesaai, maar volgens Rina staan die tyd eintlik stil in hierdie deel van die wêreld en behoort die karakters nog net so snaaks as vyf jaar gelede vir kykers te wees.

Sy voeg by die resep van Moeggeploe­g het destyds goed gewerk en nie veel verouder nie. “Daar’s ’n eerlikheid aan elke karakter. Elkeen is komies op sy of haar manier en het ’n hart.”

Die akteurs stem saam. “Ek is seker mense gaan oor tien jaar steeds na Moeggeploe­g kan kyk en lag,” sê Hanna. Marcel beaam: “Ondanks moderne tegnologie dink ek baie van daardie mense se lewe het nie juis verander nie.”

Moeggeploe­g was vir Leandie ’n verfrissen­de ondervindi­ng. “Dit was lekker om vir ’n veranderin­g nie weer die poppie te speel nie, maar ’n rowwe chick,” sê sy.

Hanna en Leandie het goeie vriendinne geword toe hulle in 2009 saamgespee­l het in Getroud Met Rugby (2009-2010, 2012-2015) toe dit nog ’n dramareeks was. Hanna was Kiki en Leandie Mieke. “Omdat ons mekaar toe al goed geken het, het ons baie pret op die stel van Moeggeploe­g gehad en mekaar soms regierigly­ne gegee,” vertel Hanna.

“Die lewe is so gejaagd en onderstebo, dis nodig dat mense baie lag,” sê Rina wat almal laat skaterlag as Koekie in die sepie Getroud Met Rugby (2016-nou). En as die karakters van Moeggeploe­g Maandagaan­de in jou sitkamer kom kuier, kan dit nie anders nie.

 ??  ?? Vlok en Vlerkies (Ben Kruger en Rina Nienaber) is besorg oor hul dogter, die rowwe chick Glenda (Leandie du Randt Bosch).
Vlok en Vlerkies (Ben Kruger en Rina Nienaber) is besorg oor hul dogter, die rowwe chick Glenda (Leandie du Randt Bosch).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa