TV Plus (Afrikaans)

Boesemvrie­nde

Van woonstelma­ats tot getroudes – New Girl se kameraadsk­ap sal die toets van die tyd deurstaan.

- Seisoen 7 Saterdae M-Net (*101) 17:30 (begin 18 Augustus) New Girl

Die reeks New Girl (2011-2018) kon in Mei 2017 met die seisoen 6-finaal geëindig het. Nick (Jake Johnson) en Jess (Zooey Deschanel) het met 'n innige romantiese soen weer by mekaar uitgekom, Cece (Hannah Simone) het uitgevind sy en Schmidt (Max Greenfield) gaan 'n baba kry, en Aly (Nasim Pedrad) het Winston (Lamorne Morris) se pa opgespoor. Maar die fans wou meer hê! Iedereen, van die kykers en akteurs tot die reeksskepp­er, Liz Meriwether, het die kanaal FOX vir nog 'n seisoen gesmeek. Jake het getwiet: “Ek dink nie julle het ons genoeg tyd gegee om die program op die regte manier klaar te maak nie. En ek (en ek dink die fans ook) sal 'n laaste tot siens aan die karakters baie waardeer.” Gelukkig het almal se wens waar geword en hoewel die finale seisoen 7 net agt episodes het, is dit die moeite werd vir 'n finale ronde van True American [die vermaaklik­e bierdrink-speletjie in die reeks wat Nick en kie uitgedink het] – met 'n tydsprongk­inkel by!

BABAS EN TROUES

In episode 1 is dit vier jaar later. Die helikopter­pa Schmidt en Cece is gaande oor hul oulike vierjarige dogtertjie, Ruth (Danielle en Rhiannon Rockoff), Winston en Aly is getroud en verwag 'n baba, en die suksesvoll­e skrywer Nick en die nou werklose Jess beplan 'n troue, kompleet met 'n tranerige oomblik geïnspiree­r deur Liz [die reeksskepp­er] se eie lewe. “Die reeks het begin met vier enkelloper­s wat 'n woonstel deel. Nou beweeg ons na 'n program oor drie paartjies. 'n Groot besluit wat ons geneem het, was dat al hierdie karakters steeds by mekaar se huise kon opdaag sonder 'n ooglopende rede,” vertel Liz. “Ons wou die gevoel behou van hul interafhan­klikheid, want dit het nog altyd gegaan oor die karakters wat goeie vriende is. Dit was spesiaal om hulle nou te sien as paartjies, verbind tot mekaar. Die enigste vraag oor Nick en Jess is of hulle gaan trou, nie of hulle bymekaar gaan bly nie. Ons beskou die episodes as 'n soort liefdesbri­ef aan ons fans,” voeg Liz by.

 ??  ?? Dis ’n laaste hoera vir (van links) Cece, Winston, Jess, Nick en Schmidt.
Dis ’n laaste hoera vir (van links) Cece, Winston, Jess, Nick en Schmidt.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa