TV Plus (Afrikaans)

Nooit alleen nie

Die aanbieder van Survivor SA, Nico Panagio, en die produksies­pan onthul die seisoen se geheime, oomblikke wat uitstaan en wat regtig op die eiland aangaan.

- Survivor SA

Altesaam agttien deelnemers het mekaar probeer uitoorlê, uitstof en oorleef terwyl hulle kinkels in die Filippyne moes takel vir seisoen 6 van Survivor SA (2006-nou), en dit loop ten einde met ’n laaste dubbele episode op Donderdag 16 Augustus. Daar is net een uiteindeli­ke wenner wat met R1 miljoen gaan spog. Die reeks se produksiep­an spog ook. “Ons was gelukkig om die seisoen karakters en uitstekend­e spelers te hê. Dit was ’n gek rit,” sê die uitvoerend­e vervaardig­er, Handrie Basson. “Daar was baie hoogtepunt­e, soos toe die eiendomsma­kelaar Seamus die trekpas kry in episode 1. En die radioaanbi­eder Palesa wat ’n immuniteit­sbeeld by ’n stamraadsv­ergadering in episode 5 gevind het. Dit was naelbyt-kykstof!” En Handrie is opgewonde oor die laaste stamraadsv­ergadering: “Dit gaan wonderlik wees! En opwindend!”

UIT DIE PERD SE BEK

Die terugkeren­de aanbieder Nico Panagio het die seisoen ook pret gehad, al moes hulle om 06:00 opstaan. “Daar is so baie voorproduk­sie-elemente wat betrokke is by die maak van die reeks om te verseker daar is geen haakplekke in episodes nie,” sê Nico. “Die produksie-stelwerker­s berei voor vir elke dag asof dit ’n regstreeks­e opname is met min of geen ruimte nie vir foute.” Terwyl die episodes op TV uitgesaai word, bly Nico in kontak met kykers op sosiale media, en voeg by: “Dis vermaaklik om te sien hoe mense op die stemme reageer. Daar is ook toegewyde Survivor- potgooie wat absoluut elke element van die episode bekyk – dit is verrassend selfs vir my, wat by die reeks betrokke is!”

AGTER DIE SKERMS

Iets wat die deelnemers die seisoen uitgevind het, is hulle is letterlik nooit alleen nie. “Waar hulle ook al gaan, gaan die kameras,” sê die reeksregis­seur, Leroux Botha. “Wanneer die deelnemers ’n aftyd het, slaap hulle of hulle hang in die kamp rond – in sommige gevalle span hulle saam, daarom moet die kameras heeltyd rol.” Om seker te maak niks word misgekyk nie het Survivor twee kameraspan­ne wat die aksie opneem – ’n nag- en ’n dagskof.

Organisasi­e is die sleutel tot die reeks, want soos hulle uitgevind het, is om van een plek by ’n ander te kom ’n prestasie op sigself, verduideli­k Leroux. “Ons het agt kragbote gehad en twee baie groot bangkas (tradisione­le Filippynse bote) vir die kamera- en produksies­panne. Die omvang van die reeks is reusagtig!”

 ??  ?? Die aanbieder Nico Panagio hou die deelnemers met ’n arendsoog dop.
Die aanbieder Nico Panagio hou die deelnemers met ’n arendsoog dop.
 ??  ?? Baie werk word vereis om die stel gereed te kry vir opnames.
Baie werk word vereis om die stel gereed te kry vir opnames.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa