TV Plus (Afrikaans)

’n Tweede kans

Clare Wiese-Wentzel is terug en help vroue om hul skoonheid te herontdek.

- Mooimaak

Die tweede seisoen van die leefstylre­eks Mooimaak (2017-nou) is terug op die kassie, met episodes wat nou ’n uur lank is. Die reeks transforme­er vroue wat deur lewensomst­andighede afgerem voel, van ’n vaal voorkoms tot hulle weer van selfvertro­ue straal deur van nie-indringend­e prosedures gebruik te maak. Elf vroue word deur die aanbieder Clare Wiese-Wentzel en haar span deskundige­s onder hande geneem om weer hul lewensvreu­gde terug te kry.

Watter terugvoer was daar oor seisoen 1?

Dit was oorweldige­nd positief. Wat ons doen is redelik nuut vir die SuidAfrika­anse gehoor, dus was die feit dat hulle die idee van Mooimaak met ope arms ontvang het, verblydend.

Watter transforma­sie in seisoen 1 was vir jou ’n hoogtepunt?

Hoewel ek nie een deelnemer se transforma­sie meer spesiaal wil ag bo die ander nie, dink ek ons grootste suksesverh­aal was met

Patricia Viviers

in episode 8. Sy het baie gewig verloor, haar glimlag het haar fantasties laat lyk en haar vel, hare, stilering en grimering het alles bygedra tot ’n verstommen­de resultaat. ’n Paar mense het ons op sosiale media daarvan beskuldig dat die voor- en ná-foto’s nie van dieselfde mens geneem is nie – wat vir ons ’n groot kompliment is.

Hoe het die reeks jou persoonlik geraak?

Ons het besluit om vir seisoen 2 na die deelnemers se huise te gaan, waar ek die eerste onderhoude met hulle voer. Dit het my nog meer geraak as in die vorige seisoen om hul omstandigh­ede van naby te beleef. Hulle kon vir my foto-albums wys van spesiale geleenthed­e, soos troues, waar hulle mooi gevoel het en trots was op hul voorkoms. Ek kon op foto’s sien hoe hul geliefdes lyk, en ’n beter prentjie kry van wat Mooimaak vir hulle kan beteken.

Hoeveel inskrywing­s het julle vir seisoen 2 gekry?

Baie meer as ’n duisend – en mense het net twee weke gehad om in te skryf. Ongelukkig was daar baie min inskrywing­s van mans. Dié wat wel ingeskryf het, se grootste probleem was haarverlie­s. En hoewel dit iets is waarmee Skin Renewal (die nie-indringend­e behandelin­gspraktyk) kan help, is dit nie regtig die fokus van ons behandelin­gs nie.

Watter soort prosedures gaan kykers in seisoen 2 sien?

Ons maak baie gebruik van seisoen 1 se velbehande­lings – soos neuroksien, dermale vullers, laserbehan­delings en chemiese afskilferi­ngs. Maar die behandelin­gs is meer intensief en, waar ons kan, gaan dit langer aangewend word vir beter resultate. Die seisoen fokus ons ook daarop om deelnemers se algemene gesondheid te verbeter deur middel van slaapstudi­es en osoonbehan­delings, en kykers sal meer daaroor te wete kom.

 ??  ?? Clare weet hoe om vroue weer beter te laat lyk en selfvertro­ue te gee.
Clare weet hoe om vroue weer beter te laat lyk en selfvertro­ue te gee.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa