TV Plus (Afrikaans)

America’s Got Talent

-

Dis ’n goeie ding die beroemde gesigte in seisoen 13 van die talentreek­s America’s Got Talent (2006-nou) is dieselfde, verduideli­k die aanbieder Tyra Banks: “Ons het stabilitei­t en ons het ’n span beoordelaa­rs – Simon Cowell, Mel B, Howie Mandel en Heidi Klum – wat weet wat hulle al gesien en nie gesien het nie. Dit beteken ons maak die deur oop vir splinternu­we talent.”

Daar is ’n effense herhaling, en sy’s nie eens van die VSA nie. Die 13-jarige Britse sangeres Courtney

Hadwin was verlede jaar ’n finalis in The Voice UK Kids (2017-nou) en Simon beweer haar oudisie “is die beste wat ek in al my jare en reekse op TV gesien het”.

Die Golden Buzzer is terug vir ’n vyfde agtereenvo­lgende seisoen, asook die gasbeoorde­laars vir die Judge Cut-episodes. Hulle sal die vier vaste beoordelaa­rs help om die deelnemers wat in die eerste oudisies geslaag het en die 72 aspirante met die helfte te verminder. “Dis baie werk,” voeg Tyra by. “Die beoordelaa­rs sit vier dae aaneen met 18 optredes per dag. Dis nie een episode per week soos op TV nie.” Die gasbeoorde­laars is ook talentvol: week 1 is dit Ken

Jeong (Ken in Dr. Ken, 20152017), week 2 Olivia Munn (Sloan in The Newsroom, 2012-2014), week 3 die sangeres Martina McBride en week 4 Chris Hardwick (aanbieder van The Talking Dead, 2011-nou), wat voor sy episode in die VSA vrygespree­k is van bewerings van seksuele misbruik.

 ??  ?? Van links: Howie Mandel, Mel B, Simon Cowell, Heidi Klum en Tara Banks.
Van links: Howie Mandel, Mel B, Simon Cowell, Heidi Klum en Tara Banks.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa