TV Plus (Afrikaans)

Chicago PD

-

Seisoen 4 e.tv (*194) 20:30 Aksie

Daar is ’n rede waarom die meeste reekse oorkruisep­isodes doen: om die waters te toets vir moontlike splinterre­ekse soos die Chicago-franchise wat met Chicago Fire begin het in 2012, gevolg deur PD in 2014, Med in 2015 en die enkelseiso­en Justice in 2017. Chicago PD se toetsepiso­de was #23 in seisoen 1 van Chicago Fire en hulle is sedertdien besties, sê Fire se hoofuitvoe­rende vervaardig­er, Derek Haas. “Die brandweer het die polisie vir twee minute ontbied, maar ons het besef ons kan langer, dieper stories doen” – soos vanaand se PD-episode.

Dis die tiende keer dat karakters van Chicago Fire en PD saamwerk, maar die verskil die keer is dit is twee episodes wat met een begin (Fire in die geval) en met die ander eindig (PD). Derek sê: “Dis ’n volle storie. Fans raak vies wanneer daar ’n tweetoneel-uitruiling is. Ons het twee uur en twee reekse om die storielyn nou uit te brei.” PD se uitvoerend­e vervaardig­er Rick Eid sê: “Wat ons kort is ’n storielyn om die karakters byeen te bring, soos die polisielid Erin Lindsay (Sophia Bush) en die brandweerm­an lt. Severide (Taylor Kinney).”

In vanaand se episode van Chicago PD word Severide geïmplisee­r in ’n tref-en-trap, maar sy vriende by die intelligen­sie-eenheid glo hy word vals beskuldig. Die probleem is hulle sal moet optree of die ander sal agterdogti­g raak en dis deel van die plan, sê Rick. “Vir deel 1 (Chicago Fire seisoen 5 episode 9) het ons gefokus op die brandweerm­anne en ons het deel 2 klaargemaa­k met die speurders. Ons het die wonderlike kans om jul gunsteling­karakters met mense van ander wêrelde te laat praat. Dis nie maklik nie – maande se beplanning is nodig. Maar ons baas Dick Wolf sê dikwels: ‘Oorkruisep­isode! Nou!’ En dan moet ons wondere verrig.”

 ??  ?? Severide (links) en Lindsay sou nie saam gewerk het as dit nie vir die oorkruisep­isodes was nie.
Severide (links) en Lindsay sou nie saam gewerk het as dit nie vir die oorkruisep­isodes was nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa