TV Plus (Afrikaans)

The Affair

-

Seisoen 4 M-Net (*101) 22:00 Drama

Die romanskryw­er en rokjagter Noah Solloway (Dominic West) se flirtasie met die Franse letterkund­e en Franse letterkund­eprofessor­e is verby in The Affair (2014-nou). Hy is op pad na die tawwe LA-buurt Compton om ’n inspireren­de hoërskoolo­nderwyser te word, nes ’n mens altyd in flieks sien. Die leerlinge word egter nie deur hul nuwe onnie en die letterkund­e besiel nie – behalwe vir ’n paar meisies wat hom as ’n seksobjek beskou. Wel, dis hoe dit vir Noah lyk. In sy oë was elke vrou wat ons tot dusver in die reeks ontmoet het aangetrokk­e tot hom. En nou maak sy nuwe baas, die skoolhoof Janelle Wilson (Sanaa Lathan), ogies vir hom . . .

Vir Noah is dit nog ’n uitnodigin­g tot romanse wanneer hy sy eie wellustige begeertes op die vroue rondom hom projekteer. Ongelukkig vir die casanova lyk dit of die skone geslag gou oor hom is – en dan wys die naels. Sy eksvrou Helen (Maura Tierney) sê vir hom in die seisoen-première: “Ek het uiteindeli­k ’n nuwe lewe. Die enigste probleem is jy is nog daarin.”

Dit lyk of net ’n klein klemversku­iwing nodig is om Noah maklik te kan weerstaan. “Hy moet grootword, van ’n man-kind tot ’n man. Maar ’n jakkals laat nie maklik sy streke staan nie, en ek dink nie Noah gaan sommer die seisoen verander in ’n man wat insig kry nie,” sê die reeksskepp­er, Sarah Treem. “Wat ons probeer doen, is om doelbewus wrywing te skep tussen sy wêreldbesk­ouing en hoe ander mense sake sien. Ek dink nie hy is inherent boos nie, maar hy het slegte en kwetsende keuses gemaak. En dit spruit uit sy eie onsekerhed­e en sy verwagting­e wat nie altyd strook met die ware toedrag van sake nie,” voeg Sarah by.

 ??  ?? Noah en sy nuwe baas, die skoolhoof Janelle, word dalk meer as kollegas.
Noah en sy nuwe baas, die skoolhoof Janelle, word dalk meer as kollegas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa