TV Plus (Afrikaans)

American Beauty Star

-

Seisoen 1 Lifetime (*131) 20:55 Realiteit

Glans bereik ’n nuwe hoogtepunt in die realiteits­kompetisie American Beauty Star (2017-nou) wanneer twaalf haarstilis­te en grimeerkun­stenaars meeding om treffende voorkomste vir die rooi tapyt te skep in ’n reeks uitdagings. Dis blosser, vals wimpers, haarsproei en aandrokke net waar jy kyk terwyl die deelnemers hul model optof vir die loopplank, en wil bewys hulle is nie net ’n Instagram-eendagwond­er nie.

Die reeks se uitvoerend­e vervaardig­er, die supermodel Adriana Lima, is ook die aanbieder en een van die beoordelaa­rs. Sy het gekyk na Heidi Klum, een van Project Runway (2004-nou) se beoordelaa­rs, en Tyra Banks, die skepper en aanbieder van America’s Next Top Model (2003-nou), vir wenke oor hoe om stylvol streng te wees!

Die deelnemers se mentor is die man wat

Beyoncé soos ’n goue godin laat lyk, Sir John, en hy soek iets oorspronkl­iks. “Almal is begaan oor grimering wat die gesig aksentueer, oor kitssonbru­in. Almal is obsessief met een idee van wat skoonheid is. Hoekom volg ons dieselfde drie mense? Dit behoort meer uiteenlope­nd te wees,” reken hy.

Die ander twee beoordelaa­rs is die skoonheids­redakteur van Vogue, Sarah Brown, wat sê: “Ons sal die deelnemers nie sommer afkraak nie. Hulle kry raad van mense wat weet waarvan hulle praat.” En die fotograaf Russell James waarsku: “As iemand agter ’n sosialemed­ia-teenwoordi­gheid skuil, maar nie regtig die talent het nie, kan ons hulle nie daarmee laat wegkom nie.”

 ??  ?? Van links: Sir John, die mentor, en die beoordelaa­rs Sarah Brown, Adriana Lima en Russell James.
Van links: Sir John, die mentor, en die beoordelaa­rs Sarah Brown, Adriana Lima en Russell James.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa