TV Plus (Afrikaans)

Stefan Ludik

Wat gaan in jou gunsteling-akteur se kop aan?

-

I Hy is die beste bekend vir sy rol as dr. Gustav Kemp in die hospitaals­epie Binnelande­rs (2005-nou), maar Stefan Ludik laat mense deesdae regop sit as die duistere sakeman Clive in Isidingo (1998-nou; sien bl. 25). En dis nie net omdat die 37-jarige gebore Namibiër sag op die oog is nie. Clive is geslepe, hy hits sy vrou, Seline (Rosa Anthony), aan om ’n affair met die naïewe katelknaap Zandré (Dèanré Reiners) te hê terwyl hy uit die skadu toekyk, en hy heul met The Deep se skurke soos Nina (Khabonina Qubeka). Die akteur se eie TV-gunsteling­e is onverskrok­ke ouens wat hul man kan staan op die kassie.

Wat was die eerste TV-program m wat jy saam met jou vriende gespeel het?

The Teenage Mutant Ninja Turtlesani­masiereeks (19871996). Alle klein seuntjies wil in ’n stadium karate doen.

Wie was jou eerste TVliefling?

Bienkie (Esta TerBlanche) van Egoli: Plek Van Goud (1992-2010) Sy was so oulik en pragtig.

Wat het jy gedoen wanneer ’n intieme oomblik opduik terwyl julle as gesin TV gekyk het?

Ons het ons oë toegeknyp of uitgestap wanneer dit te erg raak.

Watter produk wil jy hê sedert jy dit op TV gesien het?

Pizza. Tot vandag toe, elke keer as ek ’n pizza-advertensi­e sien, moet ek een hê. Ek kan dit nie verklaar nie!

Wie se TV-klerekas sal jy wil hê?

Enigeen uit ’n Marvel-program of -fliek, soos Tony Stark (Robert Downey jr. in die Iron Man-flieks, 2008-nou). Hul klere is stylvol en gemaklik.

In wie se TV-huis sou jy graag wou woon?

Die Iron Man! Tony Stark is ’n biljoenêr, hy woon in ’n herehuis op ’n heuwel bokant Malibu. Vele verdieping­s. Rekenaars wat inligting op die vensters vertoon. En daardie uitsig! Watter W reeks is tans jou gunsteling? Kos- en reisprogra­mme. Dit gee my inspirasie vir aandete en vakansiebe­stemmings.

Watter werk sou jy agter die skerms wou doen?

Kamerawerk of iets wat met klank te doen het. Ek stel in albei belang, maar veral klank omdat ek ook ’n musikant is.

Watter TV-karakter is jou held? WatW is jou nagmerrie-scenario tydenst verfilming?

Dat daar bladsye dialoog is wat ek misgekyk het.

WatterW TV-reeks sal jy wil oormaako en deel van wees?

Die donker komedie Arrested Developmen­t (2003-nou). Dit het in werklikhei­d pas ’n nuwe weergawe gekry.

As A jy enige karakter kon k speel, wie sou dit wees?

Waarskynli­k ’n tiener wat in ’n weerwolf verander, soos in Teen Wolf (2011-2017).

Watter program kan jy nie ophou kyk nie?

Vikings – ek vermoed ek’s ’n bietjie obsessief. Wie is jou TV-ikoon? Hy’s nie regtig ’n TV-karakter nie, maar die eerste keer toe ek die superspioe­n James Bond gesien het, was dit op TV. Sjarmant, koelkop, al die gadgets en hy kry die meisies.

AsA jy een ding aan jou karakter kon verander,v wat sou dit wees?

Ek sou Clive bietjie meer van ’n goeie ou maak. Die karakter is nuut maar hy’s reeds so intens.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa