TV Plus (Afrikaans)

Hoe sê jy?

Festus en Koekie is oortuig daarvan hulle praat vlot Frans.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Festus en Koekie (Louis van Niekerk en Rina Nienaber) kan nie stilsit nie. Of hulle skelm met ’n bed-en-ontbyt begin of geldmaakpl­anne beraam – die Koekemoers soek altyd ’n manier om hul aansien in ander se oë te laat styg. Wanneer hulle op Woensdag 12 September uitvind hul huismaat Julia (Zetske van Pletzen) praat Frans, besluit hulle om die taal baas te raak om ander te beïndruk. “So kan hulle deel van die upper classes word,” lag Rina. Dis nou as hulle Julia se toets kan slaag . . .

UITSPRAKE EN ONMIN

“Festus en Koekie is kinderlik opgewonde,” sê Rina. Maar Julia besef reeds op Vrydag 14 September sy het ’n groot fout gemaak deur in te stem om hulle te help. “Koekie se uitspraak is verkeerd, sy sê jay ma-purle pleks van Je m’appelle (dit beteken ‘my naam is’). Aan die ander kant kry Festus die uitspraak reg, wat Koekie groen van jaloesie maak,” vertel Zetske.

Julia probeer die vrede bewaar terwyl sy tussendeur na haar susterskin­d André (Luan Els) kyk. Maar dit raak te moeilik vir haar om al haar pligte na te kom en sy probeer aan maniere dink om haarself uit die situasie te wriemel.

DIE WARE TOETS

Julia kla op Dinsdag 18 September by haar suster

Maryke (Marijke van der Westhuizen), wat voorstel Julia laat die twee toets skryf. “Die kans is goed hulle sal druip, dan sal dit hulle hopelik afsit,” verduideli­k Zetske.

Festus en Koekie skryf op Vrydag 19 September toets en is oortuig daarvan hulle het goed gevaar, tot hulle op Maandag 24 September die uitslag kry. “Albei druip,” sê Rina verontwaar­dig. “Festus het 17% en Koekie nog minder – 12%.” Albei is baie teleurgest­eld en blameer Julia wat “so ’n swak onderwyser” is. Maar Julia kry 100% vir haar plan wat geslaag het! Wel, tot die twee met iets nuuts vorendag kom om haar te treiter.

FESTUS EN KOEKIE SE SONDES

Dagvaardin­g: In Julie het Festus en Koekie vir

Fafa (Altus Theart) en sy vrou Maryke gedagvaar. Hulle woon by die paartjie en het verkeerdel­ik gedink Fafa en Maryke wil hulle na ’n aftreeoord pos. Die misverstan­d het byna in die hof gedraai! Skelm B&B: In Augustus het Festus en Koekie skelm met ’n B&B in Fafa se huis begin. Hulle moes spartel om die gaste se verblyf weg te steek.

 ??  ?? Koekie en Festus wil grênd raak, en Julia (inlas) moet help met die Franse taal.
Koekie en Festus wil grênd raak, en Julia (inlas) moet help met die Franse taal.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa