TV Plus (Afrikaans)

Goeie nuus

Mrs. J is verheug wanneer Ronald na Ruiterbosc­h terugkeer.

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

As daar nou een Ruiterbosc­h-inwoner is wie se liefdeslew­e heelwat gesonder is as Chris s’n (lees meer op bl. 15), is dit Mrs. J ( Theresa Sedras). Sedert einde Maart vanjaar vry sy en haar kêrel, pastoor Ronald (Ivan Abrahams), wat in Port Elizabeth woon, so oor ’n afstand. Sy mis hom vreeslik en is op Maandag 17 September in die wolke wanneer hy onverwags opdaag – en hy is hier om te bly! Maar die een bakleiery ná die ander laat haar wonder of hulle vir mekaar beskore is.

DIE GOUE JARE

Mrs. J is oorstelp wanneer Ronald haar vertel hy het van sy kudde in Port Elizabeth afskeid geneem en kom in Ruiterbosc­h aftree. “Hy het almal verras, selfs sy kleinseun

Siya (Gantane Kusch), maar dis goeie nuus vir almal in die gemeenskap,” sê Theresa.

Ivan sê Ronald is gereed om sy goue jare saam met Mrs. J deur te bring. “Sy is een van die hoofredes vir sy terugkoms en hy beplan om die res van sy lewe saam met haar te wees.”

Hulle weet om die pap nie te dik aan te maak nie en Ronald trek op Dinsdag 18 September eers by Siya in tot hy sy eie plek kry. “Ronald is dankbaar vir Siya se gasvryheid, maar hy wil van niemand afhanklik wees nie. Hy het darem genoeg vir sy oudag weggesit, so die reëling by Siya sal net tydelik wees,” voeg Ivan by. En die doel is immers om saam met sy geliefde te bly . . .

VRIENDINNE KOER

Mymoena (Jill Levenberg), Mrs. J se beste vriendin, pols haar op Woensdag 19 September oor Ronald se terugkeer. “Mymoena dink dit sê baie van Ronald dat hy in Ruiterbosc­h kom aftree,” vertel Theresa. “Dit beteken hy sien beslis ’n toekoms vir hulle.”

Mymoena terg Mrs. J goedig oor Ronald se bedoelings, maar die gemoedelik­e atmosfeer is van korte duur wanneer Ronald Mrs. J se dogter Bridgette (Denise Newman) verkeerd opvryf.

DIE OPMERKING

Mrs. J hou ’n familie- ete op Donderdag 20 September by Bridgette se huis om Ronald amptelik te verwelkom. “Aanvanklik is die aand gesellig, tot ’n opmerking van Ronald Bridgette warm onder die kraag maak. Bridgette hap terug na Ronald en laat hom mooi verstaan haar gesin het nie ’n sedepreek nodig nie,” sê Theresa.

Ons kan nie verklap waaroor die rusie gaan nie, maar Mrs. J wonder of haar nuutgevond­e geluk kortstondi­g gaan wees en of sy tussen Ronald en haar dogter sal moet kies.

KOPPE WORD WEER GESTAMP

Die stof gaan lê op Vrydag 21 September en Bridgette kom tot nuwe insigte. “Sy sluk haar trots en vra Ronald om verskoning vir haar houding by die ete,” vertel Ivan. “Hy vergewe haar, maar sê dan per ongeluk dis hoe hy haar leer ken het – as ’n moeilike vrou – en die twee stamp van voor af koppe.”

MOEILIKHEI­D VOLG RONALD

Al lyk die situasie onredbaar, sorteer die twee die saak op Maandag 24 September uit. Maar Ronald kan net nie uit die moeilikhei­d bly nie en beland later die aand in die sop by Mrs. J. “Sy en Ronald moet spring om betyds te wees vir ’n konsert,” vertel Theresa. “Maar hulle is laat weens Ronald se nalatighei­d. Hy het vergeet waar hy sy voertuig parkeer het, en dit veroorsaak ’n stryery.”

Hopelik is dit net klein jakkalsies wat die twee kan uitsorteer. Hulle is darem al volwasse en albei verdien geluk!

MRS. J SE LIEFDESWEN­KE

Wanneer dit by hartsake kom gee Mrs. J altyd die beste raad. Haar liefdeswen­ke wat sy op Ronald probeer toepas, klink na ’n vyfpuntsuk­sesresep. As dit net vir hulle ook kan werk! 1. Wees eerlik met mekaar en

moenie doekies omdraai nie. 2. Moenie dat jou familie jou voorsê

oor verhouding­s nie. 3. Volg jou hart en nie jou verstand

nie. 4. Doen moeite met mekaar, selfs die kleinste gebaar kan jou geliefde se dag maak. 5. Moet nooit kwaad gaan slaap

nie.

 ??  ?? Bridgette (inlas) is nie so gelukkig soos haar ma, Mrs. J (links), dat pastoor Ronald terug is nie.
Bridgette (inlas) is nie so gelukkig soos haar ma, Mrs. J (links), dat pastoor Ronald terug is nie.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa