TV Plus (Afrikaans)

’n Nag van passie

Chris, Justin en Vivienne beland in ’n liefdesdri­ehoek.

-

Suidooster Weekdae kykNET (*144) 18:30

Arme Chris (Marcel van Heerden) kan net nie liefdesgel­uk vind nie. Hy het pas met sy ou liefie, die sielkundig­e Vivienne (Jana Kruger), versoen geraak, maar sy seun, Tim (Marco Spaumer), steek ’n stokkie daarvoor. Boonop swig Vivienne in ’n oomblik van swakheid voor ’n ander ou. Chris is op Woensdag 12 September afgetrokke teenoor Vivienne, ná hy en Tim die vorige dag ’n uitval oor haar gehad het. “Tim is seker Chris het destyds sy eks-vrou (van wie hy onlangs stil-stil geskei het), Rita (Illse Roos), [tans in ’n inrigting weens skisofreni­e] met Vivienne verneuk toe sy destyds sy sielkundig­e was.” Hulle het in die tyd gevoelens vir mekaar gehad, maar niks het tussen Chris en Vivienne gebeur nie, bevestig Marcel.

’N GROOT FOUT

Tim konfrontee­r Vivienne later die dag wanneer sy met die binneversi­erder

Carmen (Desiré Gardner) kom gesels, en vertel Vivienne wat hy van haar dink. “Vivienne wil nie tussen ’n pa en sy seun kom nie,” sê Jana. Dus beëindig sy haar verhouding met Chris op Donderdag 13 September.

Vivienne probeer later die dag van haar gebroke hart vergeet wanneer sy vanweë Carmen se voorstel na een van haar vriendinne se henneparty­tjie gaan. Jana sê: “Dinge gaan wild by die partytjie en Vivienne drink haar sorge weg. Sy ontmoet die kelner Justin (Eden Classens), wat ook daar is. Een ding lei tot die ander en hulle slaap saam.”

SPYT KOM TE LAAT

Justin word op Vrydag 14 September langs Vivienne wakker, maar sy raak gou van hom ontslae. “Sy is dadelik spyt oor wat gebeur het, en is bekommerd Chris gaan hiervan uitvind,” sê Jana.

Tim kom op Maandag 17 September tot sy sinne en pleit by Vivienne namens sy pa om Chris nog ’n kans te gee. Vivienne en Chris raak op Dinsdag 18 September versoen, maar Vivienne word geteister deur angsgedagt­es oor wat Chris gaan doen as hy uitvind van haar nag van passie met Justin. Chris is nie juis bekend vir sy geduld nie . . .

 ??  ?? Vivienne soen Justin voos (inlas), maar eintlik lê haar hart by Chris (links).
Vivienne soen Justin voos (inlas), maar eintlik lê haar hart by Chris (links).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa