TV Plus (Afrikaans)

Agter haar ma aan

Karli se innerlike wroeging laat haar na Duitsland vlug.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Die arme Karli (Pascal Pienaar) is in twee geskeur. Aan die een kant bekommer sy haar oor haar ma, Jana (Brümilda van Rensburg), omdat haar toestand die afgelope paar weke verswak het. Jana is in Mei in ’n inrigting opgeneem nadat sy ’n senu-ineenstort­ing gehad het en het twee weke tevore brongitis gekry en wou nie meer eet nie. “Aan die ander kant is daar Quinton (Ramey Short), haar nuwe kêrel wat graag wil hê hulle moet saam aan hul toekoms bou,” sê Pascal. Quinton het Karli juis op Dinsdag 11 September verras met die nuus dat hy ’n woonstel wil kry sodat hulle saam kan bly. “Hoewel Quinton Karli ten volle ondersteun, is daar nou dringender sake wat haar aandag verg – haar ma se toekoms,” voeg Pascal by. En dit voel vir Karli daar is nie plek in haar lewe vir albei nie: Sy sal moet kies tussen haar ma en Quinton.

GROOT BESLUITE

Om alles te kroon gaan Jana landuit. Karli se prokureur-dokter broer

Herman (David Konrad) het gereël dat Jana op Vrydag 14 September na ’n kliniek in Duitsland oorgeplaas word waar sy gespesiali­seerde mediese sorg kan ontvang.

Karli wil nie haar ma alleen die vreemde instuur nie, sê Pascal. “Dieselfde dag pak Karli die bul by die horings en vra Quinton om eers ’n bietjie te wag met die woonstel omdat sy eers self Duitsland toe wil gaan om te kyk of haar ma oukei is, en sy weet nie wanneer sy gaan terugkom nie.”

Die nuus vang die erg verliefde Quinton onkant, en hy vra of dit die einde van hul verhouding beteken. Wanneer Karli antwoord hy moenie op haar wag nie, is Quinton verpletter en stap koponderst­ebo weg.

Karli soek Quinton later in die hospitaal om formeel afskeid te neem, maar hy is skoonveld. Sy tref hom in die Koster-huis aan, waar Quinton ook woon, en kan behoorlik groet. “Karli vra opreg verskoning en sê vir Quinton sy wou hom nie seermaak nie,” sê Pascal.

Die afskeid is maar swaar. Quinton hou Karli styf in sy arms vas en hulle soen passievol, en daarna ry ’n tranerige Karli lughawe toe. En ’n erg bedremmeld­e Quinton wonder of hy sy snipperige blondekop ooit weer gaan

 ??  ?? Quinton is geskok oor Karli se besluit.
Quinton is geskok oor Karli se besluit.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa