TV Plus (Afrikaans)

Spoke van die verlede

Jax sukkel om aan te pas ná die Kongo-trauma en begin uitrafel.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Sedert dr. Jax Davids (Kim Syster) van die oorloggete­isterde Kongo teruggekee­r het, sukkel sy om tuis te raak. “Sy voel skuldig oor

Deon (Pietie Beyers) wat hallusinas­ies begin kry het en twee weke gelede in ’n inrigting opgeneem is,” vertel Kim. “Sy meen sy kon beter na Deon gekyk het, en wil hom nie besoek nie. En om van al die trauma te vergeet, doen sy alles in oormaat: sy oefen hard, werk hard en jol hard.” Hoewel Steve (Clint Brink) en Elana (Ilne Nienaber), wat saam met haar in die Kongo was, die gevaarligt­e sien flikker, steur sy haar nie aan hul vermanings nie. Gaan Jax haar uitbrand of regruk?

NUWE HUIS EN WERK

Op Donderdag 13 September trek sy by Tertius (Reynardt Hugo) in nadat sy die vorige dag in

Okkie Ferreira (Ben Kruger), waar sy tydelik gebly het, se hek vasgery het. Louis (Germandt Geldenhuys), wat hom oor sy vriend Deon ontferm, los ’n boodskap vir Jax dat Deon na haar vra, maar Jax ignoreer dit.

Intussen kuier Jax nagte om saam met haar nuwe kêrel Danny Jantjies (Bradley Olivier), maar die gekuier begin sy tol eis. Wanneer Elana Jax op Vrydag 14 September uittrap omdat sy van ’n skof by Thusanang, waar sy werk, vergeet het, trek Jax net haar skouers op. “Jax vee haar af aan almal se raad en vingerwysi­ngs. Sy was in die Kongo gewoond om haar eie ding te doen en steur haar nie aan reëls nie,” sê Kim.

Dis eers wanneer Okkie, wat vir Jax ’n vaderfiguu­r geword het, op Maandag 17 September vir haar sê sy neem die hele Deon-storie dalk te ernstig op, dat Jax voorraadop­name doen. “Sy besef sy moet briek aandraai.” Jax vra dan vir

Lika (Lea Vivier) om saam met haar vir Deon te gaan kuier. Sy besin ook oor haar verhouding met Danny en maak dieselfde dag met hom uit.

Op Dinsdag 18 September vra Tertius Jax om by die ongevalle-afdeling te kom werk en sy aanvaar dadelik die nuwe uitdaging. Die aantrekkin­gskrag tussen haar en Danny is egter te groot en hulle vry op Vrydag 21 September in die linnekamer – en Elana betrap die twee. “Maar die keer besluit Jax sy gaan by die reëls probeer hou.”

Sy slaan ’n nuwe blaadjie om. Hopelik hou dit die keer en kan sy die spoke van die verlede besweer.

 ??  ?? Tertius stel Jax in ongevalle aan.
Tertius stel Jax in ongevalle aan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa