TV Plus (Afrikaans)

Droomrok-dilemma

Lindiwe moet ’n besluit neem wat meisies haar sal beny wanneer sy twee prag-uitrusting­s vir haar matriekafs­keid het.

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Dit voel of fans vir ewig gewag het vir Lindiwe (Nomvelo Makhanya) se matriekafs­keid, veral omdat die tiener verlede jaar graad 11 herhaal het. “Nou’s dit tyd!” sê die sepie se kostuumont­werper, Corlene Furstenber­g. Die groot rokbesprek­ing het al vroeg in 2018 begin, en Scandal! het in Mei ’n aanlyn kompetisie geloods waarin mense Lindiwe se droomuitru­sting moes ontwerp. Die wenner, Refentse Murwa, is toe betrek om middel Julie een van Lindiwe se twee rokke te help maak. Lindiwe kry nie net die date van haar drome nie – ons ontmoet hom op Vrydag 14 September – maar danksy haar nuwe vryer ook haar droomrok (Refentse se ontwerp). Intussen het tant

Phindile (Pretty Ncayiyana) liefdevol gewerk aan elke steek van die rok (die span se ontwerp) wat Lindiwe op Maandag 17 September aanpas.

OM LYF TE WYS OF NIE

Corlene se klerespan het Refentse se ontwerp behou, maar een belangrike veranderin­g aangebring. “Dit verskil van die oorspronkl­ike ontwerp bloot omdat Lindiwe se pa, Mlungisi (Patrick Mofokeng), so geskok is en dit word ’n belangrike deel van die storielyn. Dit was Refentse se ontwerp, ek het net nie oral satyn gebruik nie, maar iets meer deurskynen­d. Ek wou sien wat meisies van daardie ouderdom asemrowend vind, en ek het ook gekyk na wat ons plaaslike celebs dra en hulle wys baie lyf. Dis waar die idee van ’n deurskynen­de rok vandaan kom. Daarby is Lindiwe mos ’n waaghalsig­e meisiekind.”

TYD OM TE SKITTER

Hoewel geld ’n kwessie vir Lindiwe se familie is, het Corlene en haar span geen moeite ontsien nie. “Ek het op ander dinge in die begroting gesny, want ek wou dit reg doen. Dis nou Lindiwe se tyd om te skitter. Gelukkig het ek nie baie materiaal nodig gehad nie omdat Nomvelo so klein en fyn is,” skerts Corlene. “Die rooi rok se materiaal kos sowat R550 per meter, en ons begroting was rondom R4 000. Dis bra duur vir een uitrusting, maar ook lekker om mense hoop te gee dat goeie dinge moontlik is en daar ’n feeprinses­rok vir almal is.” En kyk op Woensdag 19 September watter rok Lindiwe kies!

 ??  ?? Lindiwe skitter in die rok wat haar tante gemaak het (links), en die een wat sy present kry (die kompetisie­wenner Refentse se ontwerp – inlas).
Lindiwe skitter in die rok wat haar tante gemaak het (links), en die een wat sy present kry (die kompetisie­wenner Refentse se ontwerp – inlas).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa