TV Plus (Afrikaans)

Skoert uit my huis!

Kop kry opdrag om uit die huis te trek wat hy wettig besit.

-

Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

Die entreprene­ur met goeie bedoelings Kop (Setlhabi Taunyane) en sy vrou Blossom (Slindile Nodangala) het in Julie gedink hulle het hul huis gekoop by hul vriend Fats (Mpho Molepo) na hy hulle die titelakte gegee het. Maar dit is nie wat vir hulle gesê word op Woensdag 12 September nie wanneer die nuweling en skurk Jonas (Charles Baloi) aan hul deur klop met sy titelakte en beveel dat Kop die huis verlaat. “Kop is verslae. Dis die enigste huis wat hy ken – hy huur dit al hoe lank by Fats. Dis die huis waarin hy sy kinders,

Tshidi en Stone (Nokuthula Ledwaba en Zenzo Ngqobe). grootgemaa­k het,” sê Setlhabi, en voeg by sy karakter gaan nie in ’n geveg betrokke raak met ’n jonger en aggressiew­e Jonas nie. “Hy kan nie ’n fisieke geveg wen nie. Kop trek uit, maar hy gaan nie lê sonder om terug te veg nie.”

UIT PLEK

Kop het al sy spaargeld aan die huis bestee en hy kan nie ’n nuwe plek bekostig nie, nie eens ’n kamer vir die aand nie. Gelukkig het hy en Blossom vriende soos hul buurman Jafta (Sandile Dlamini), wat sy deure op Donderdag 13 September vir hulle oopmaak. “Al voel hulle uit plek uit, het hulle darem ’n dak oor hul kop,” sê Setlhabi. Die regstudent Mzi (Jesse Suntele) deel sy kennis met hulle op Maandag 17 September en “hy doen wat Kop moes doen voor hy uitgetrek het: hy gaan na die aktekantoo­r om uit te vind wat aangaan. Kop is seker sy vriend Fats sou hom nie bedrieg nie,” verduideli­k Setlhabi. En hy’s reg!

REGSAKE

Mzi gee Kop en Blossom op Vrydag 21 September die nuus: hulle is die wettige huiseienaa­rs en Jonas se titelakte is vervals – hy het ’n amptenaar R60 000 betaal daarvoor en gehoop hy kan Kop intimideer. “Dis ’n les dat ons meer waaksaam moet wees. Kop het uitgetrek sonder om die feite na te gaan,” verduideli­k Setlhabi. Maar dit gaan Kop nie nou help om Jonas uit die huis te kry nie . . .

 ??  ?? Jonas (inlas) kom met dreigement­e en Kop moet luister as hy weet wat goed is vir hom.
Jonas (inlas) kom met dreigement­e en Kop moet luister as hy weet wat goed is vir hom.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa