TV Plus (Afrikaans)

Moeder van geheime

Die Bhengus sal val, tensy Ngcolosi in die duister gehou word.

-

Imbewu Weekdae e.tv (DStv *194/Openview HD *104) 21:30

Ngcolosi is deesdae ’n ander man – en in meer as een opsig, want Tony Kgoroge (Vuyo in Zero Tolerance in 2004) het op Vrydag 7 September die rol by Mpumelelo Bhulose oorgeneem. Ngcolosi raak op Donderdag 13 September die kwessie aan wat by hom spook sedert sy dogter Zakithi (Nokubonga Khuzwayo) hom vertel het van haar herinnerin­g aan haar ma, MaZulu (Leleti Khumalo), wat saam met ’n vreemde man in ’n kar klim. Ngcolosi vra MaZulu reguit of sy hom verkul het! Dis tyd om die feite toe te smeer wanneer MaZulu, haar skoonma,

MaNdlovu (Thembi MtshaliJon­es), en Ngcolosi se broer Phakade (Sandile Dlamini) probeer keer dat Ngcolosi uitvind Phakade is die pa van al die Bhengukind­ers – en hulle kry ’n nuwe bondgenoot op Vrydag 21 September.

DREIGENDE RAMP

Leleti sê wat MaZulu betref, besef sy “die geheim kan enige oomblik op die lappe kom, dus is sy altyd paniekerig. Sy weet wanneer Ngcolosi die waarheid uitvind, sal hul lewe verwoes wees. Alles sal verby wees. Die gesin, die besigheid.” Ngcolosi sinspeel op Vrydag 14 September sy verhouding met sy veronderst­elde jongste seun, Zithulele (Raphael Griffiths), is moeilik omdat hy nie die kind se pa is nie. “Dit ontstig MaZulu dat haar man haar ná ’n huwelik van 30 jaar nie vertrou nie, want wat sy ook al gedoen het, was om Ngcolosi te probeer help,” sê Leleti.

BEPROEFDE PLAN

Omdat hy op Vrydag 21 September sien hoe bekommerd sy ma is, lig Zithulele haar kalmpies in hy weet die waarheid, danksy Phakade wat op Donderdag 23 Augustus met die sak patats vorendag gekom het. “Dis ’n situasie waar ’n mens dink alles is verby, en dan kom die lig, en vir MaZulu is dit Zithulele,” voeg Leleti by. En Zithulele onthul op Maandag 24 September sy plan om sy liewe pa in die duister te hou – die beproefde gepeuter met die vaderskapt­oets!

’N ANDER MAN

Leleti beskryf die nuwe Ngcolosi – die akteur Tony Kgoroge – in een woord: “Wonderlik!” “Hy’s ook ’n fantasties­e regisseur, dus neem ek notas tydens ons blaaskanse. Hy’s nie hier om Mpumelelo te vervang nie – dis ’n totaal ander Ngcolosi, dus kan jy die twee nie vergelyk nie,” sê sy.

 ??  ?? Zithulele is bereid om MaZulu se geraamtes in die kas te help hou. Ngcolosi konfrontee­r MaZulu omdat hy dink Zithulele is nie sy biologiese seun nie.
Zithulele is bereid om MaZulu se geraamtes in die kas te help hou. Ngcolosi konfrontee­r MaZulu omdat hy dink Zithulele is nie sy biologiese seun nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa