TV Plus (Afrikaans)

Marlena het raad

Salem se Dok gebruik nugtere denke en openhartig­e gesprekke om harte en verstand reg te help.

-

Days Of Our Lives Weekdae e.tv (*194) 17:15

Dit lyk of sommige mense hul verblyf in Salem uit trustfonds­e of toorpoeier finansier, maar dr. Marlena Evans (Deidre Hall) is iemand wat regtig werk. En in die komende twee weke sal ons sien hoekom sy die dorp se steunpilaa­r-sielkundig­e is. Sy is bereid om almal te help: familie, vriende en selfs vyande. Marlena probeer op Woensdag 12 September haar kleinseun

Will (Guy Wilson) bystaan met die gemors wat hy van sy huwelik gemaak het, en raai hom aan om Salem se gay gemeenskap as ’n potensiële steunnetwe­rk te sien, eerder as mense wat sy man wil afrokkel – en hy moet besef sy man mag sy eie pelle hê.

’N BEGRYPENDE OOR

Marlena is nie net “Dok” in spreekkame­rure nie. Sy neem Chad DiMera (Billy Flynn) op Woensdag 19 September na die Brady-kroeg vir middagete en ’n geselsie oor sy rampspoedi­ge liefdeslew­e, en bewys omgee en empatie is haar lewensleus­e wan- neer sy vir hom sê: “Ek kry die gevoel iets skort met jou. En jy het niemand om mee te praat nie.” En ten spyte van haar geskiedeni­s met sy familie, praat Marlena nugter met Chad oor waar hy verkeerd opgetree het met die liefde van sy lewe [Abby], sodat hy oplaas kan erken hy het haar lief en probeer haar nie net beskerm nie. “Programme soos ons s’n, die sogenaamde daytime-TV, kan mense leer hoe om verskillen­de situasies te hanteer,” sê Deidre. “Dit wys hoe kommunikas­ie, liefde en begrip ons lewe kan verbeter.”

NIEMAND SE GEK NIE

Maar Marlena kan nie mense help wat nie gehelp wil word nie. Wanneer sy

Clyde (James Read) dieselfde dag [19 September] by die University Hospital sien rondsnuffe­l, herinner sy hom daaraan hy kom nie meer vir terapie nie. “Ek het gedink ons maak goeie vordering, maar ek sien jou nie meer nie,” sê sy sagkens. Clyde belowe plegtig hy sal ’n afspraak maak, maar wanneer hy weg is sê Marlena vir haarself: “Ja, natuurlik.” Marlena laat haar nie flous deur ’n skelm wat voorgee hy’s ’n pasiënt nie – en Clyde is beslis nie die enigste een nie.

 ??  ?? Niemand kan die gekkespul so goed hanteer soos dr. Marlena Evans nie.
Niemand kan die gekkespul so goed hanteer soos dr. Marlena Evans nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa