TV Plus (Afrikaans)

Twee kwaai katte

Die messe is uit wanneer die koekoes Quinn en psigopatie­se Sheila aanmekaars­pring oor ’n Forrester.

-

The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 17:30

As ’n sepiegeveg oor ’n man se hart bloederig raak, sal dit in Bold wees waar alles, van vuurysters tot standbeeld­jies, as wapens gebruik word. En dit raak meer gek weens Sheila en Quinn (Kimberlin Brown en Rena Sofer), wat op Woensdag 12 September bereid is om tot die dood toe te veg oor Eric (John McCook). Quinn wil Sheila weg hê, want sy het Quinn se affair met manlief Eric se seun Ridge ( Thorsten Kaye) op Vrydag 3 Augustus onthul, en Sheila wil Quinn weg hê sodat sy kan teruggaan na haar eksverloof­de Eric. Al het Sheila gedink sy het ontslae geraak van Quinn, sê Eric vir haar op Woensdag 12 September hy gaan Quinn nog ’n kans gee om haarself te bewys, wat olie op Sheila se vuur is wanneer sy opdaag om Eric se goue horlosie terug te gee.

EERSTE GEVEG

“Sheila spot Quinn oor haar gelapte verhouding met Eric,” verduideli­k Rena. Haar karakter is nie iemand met wie ’n mens moet speel nie en sy laat Sheila dieselfde dag weet hoe sy voel. Rena voeg by: “Quinn weet Sheila is boos en daar is niks wat Sheila sal keer om Quinn se huwelik met Eric te vernietig nie. Op haar beurt is daar niks wat Quinn nie sal doen om haarself te beskerm nie.” Met die woord “feeks” wat deur die herehuis weergalm is die duiwel los op Donderdag 13 September wanneer Quinn ’n vuuryster gryp om Sheila te verwurg.

“Dis regtig ’n lelike bakleiery,” erken Rena. Hulle rol rond en probeer mekaar verwurg voor Quinn Sheila met ’n tabletreke­naar met ’n uitklophou oor die kop moker. Om seker te maak sy is bewusteloo­s, skop Quinn teen die bloeiende Sheila net wanneer Eric by die deur inkom en skree: “Jy het haar vermoor!”

 ??  ?? Quinn kry die oorhand en probeer die lewe uit haar vyand Sheila pers.
Quinn kry die oorhand en probeer die lewe uit haar vyand Sheila pers.
 ??  ?? Eric vind ’n bloeiende Sheila terwyl Quinn toekyk.
Eric vind ’n bloeiende Sheila terwyl Quinn toekyk.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa