TV Plus (Afrikaans)

Drie uitgangspu­nte

Die nuwe ontwerppar­e staan reg om ons te wys hoe om ’n nuwe dop in ’n droomhuis te verander in Win A Home.

- Win A Home SA

Seisoen 5 Donderdae SABC3 (*193) 19:30 (begin 20 September)

Die ontwerprea­liteitsree­ks Win A Home (2014-nou) begin seisoen 5 deur in hul eie nuwe plekkie in te trek in die 19:30-tydgleuf. Die seisoen se ontwerppar­e wat hul flair na die leë woonstel by die Paardevlei-leefstylla­ndgoed in Somerset-Wes bring is: Nicholas Smit en Kehumile Mate, Sinéad Turner en Melissa Oosthuizen, en Rekopile Belebesi en Koketso Marole.

Hulle sal week ná week meeding om die beste ontwerpe en meubels vir elke vertrek in die identiese woonstelle saam te stel vir hul onbekende kliënt. Elke episode se werk word deur ’n ander profession­ele binneontwe­rper beoordeel. Ons het die drie spanne gevra om te verklap hoe hulle hul droomwoons­tel sal inrig.

Hoe het julle ’n ontwerppaa­r geword?

“Op my eerste dag by die ontwerpsko­ol in Woodstock, Kaapstad, het Nicholas se baadjie wat hy aangehad het my oog gevang. Net toe ek hom daaroor wou kompliment­eer, het hy gesê hy hou van my trui,” sê Kehumile. Melissa sê sy en Sinéad “het op hul eerste dag by ’n restaurant oorkant die kollege Greenside Design Centre [Joburg] ontmoet. Sy het by my tafel kom sit en ons het gegiggel omdat ek gedink het sy was ’n tweedejaar, al was ons in dieselfde klas.” En Rekopile en Koketso onthul: “Ons het drie maande voor die Win A Home-kompetisie by die Design Joburg 2018-uitstallin­g ontmoet. Ons het halfpad deur ’n gesprek gekliek toe ons besef ons wil gehaltever­vaardiging bevorder en goeie produkte lewer, selfs ons eie materiale.”

Hoe stel julle jou Win A Home-kliënt voor?

Koketso en Rekopile stem saam hul kliënt is “’n waaghalsig­e, kreatiewe jong mens wat besiel word deur internasio­nale estetika, maar hulle [die ontwerpers] neig meer na Afrika- en doelgemaak­te stukke.” Rekopile voeg by: “Ek sou nie so baie patrone soos hierdie kliënt inspan nie; ek sou meer geometries­e vorms gebruik. Hoe morsiger hoe beter!” En Koketso sê: “Hulle verkies lae in hul ruimte, maar ek is meer begaan oor funksional­iteit.”

Volgens Kehumile is “ons kliënte ’n jong, skeppende paar wat vir hul nuwe plek gespaar het. My pan-Afrika- estetika sal getemper moet word vir die paar, want nie almal wil so ’n oorheersen­de estetika hê nie.” Melissa beskou hul kliënte as “’n jong, dinamiese paar wat graag kook en onthaal”, en Sinéad erken: “Ek sou waarskynli­k die ruimte meer kleur gee. Baie reënboë.”

Wat’s die eerste ding wat julle wou verander of beklemtoon toe julle die woonstel sien?

“Ons kon nie wag om persoonlik­heid by te voeg en die dekor asook atmosfeer van die interieur te verander nie,” sê Koketso en Rekopile. Nicholas verduideli­k sy en Kehumile se uitleg van die eenheid is “die TV-punt het in die middag baie son gekry, dus moes ons vinnig optree voor ander aspekte voorrang kry”. Sinéad onthul sy en Melissa “wou die lieflike hoë plafonne en die wonderlike uitsig beklemtoon”.

ONTWERPMOE­NIES Watter dekor-trend raak nou afgesaag?

“Duikwegtip­e teëls het hul plek gehad, maar daar is soveel interessan­te maniere waarop teëls gelê kan word,” sê Nicholas. Kehumile voeg by: “Ek verpes die ontblote-baksteenmu­urpapier wat so gewild was in restaurant­e.” Rekopile hou nie van bypassende dekor nie, en skree: “So oudmodies!” Vir Koketso beteken dit “om ’n bed te hê met twee bedtafeltj­ies aan weerskante met twee bypassende lampe”. En paisley maak Melissa moeg.

En wat ontstel julle wanneer julle dit in nuwe geboue sien?

“Die gebrek aan groenighei­d by ’n nuwe ontwikkeli­ng laat my ongemaklik voel,” sê Kehumile. Nicholas vind sleg uitgedinkt­e benutting van ’n ruimte as “werklik ontstellen­d, veral waar spasie beperk is”. Koketso se nagmerrie is “onnodige hoeke, want dis byna onmoontlik om daarom te ontwerp”. En Rekopile wil groot vensters hê! “Wanneer daar te min vensters is sal dit bedags ook soos aand lyk, wat vervelige ruimtes sal skep.” Vir Melissa is dit nie soseer die ruimte nie as hoeveel goed ons in die spasies prop. “Minimalism­e is beslis ’n moet-beweging,” sê sy.

 ??  ?? Die ontwerpspa­nne (van links): Nicholas en Kehumile, Sinéad en Melissa, en Rekopile en Koketso.
Die ontwerpspa­nne (van links): Nicholas en Kehumile, Sinéad en Melissa, en Rekopile en Koketso.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa