TV Plus (Afrikaans)

Musiek-extravagan­za

’n Nuwe musiekreek­s op gratis TV is vol vermaak en nostalgie.

-

In Die Kollig Met . . . Seisoen 1 Sondae SABC2 (*192) 17:00

Wat is lekkerder as om in jou sitkamer na ’n konsert uit die boonste rakke te kyk? Die bekende aanbieder en uitvoerend­e vervaardig­er Johan Stemmet se nuwe musiekreek­s In Die Kollig Met . . . is iets wat die hele gesin saam sal geniet. “Ek het die laaste paar jaar hoofsaakli­k musiekspel­etjiesreek­se soos Noot Vir Noot (1991-nou) en Musiek Roulette (2014-nou) vervaardig. Ek wou vir ’n veranderin­g weer ’n reeks met slegs musiek maak, soos die programme wat ek in die 1980’s vervaardig het,” vertel Johan. En kykers weet al uit dié veteraan se stal kan hulle top-kykgenot verwag.

GEWILDE EN NUWE STEMME

Johan vertel dit was ’n enorme taak om 39 kunstenaar­s uit ’n verskeiden­heid genres vir die reeks van 13 episodes te kies. “Ons het hoofsaakli­k gefokus op die bekende en gewilde stemme in die Afrikaanse musiekbedr­yf, soos Corlea (episode 1), met wie ons die laaste paar jaar saamgewerk het. Maar daar’s ook heelwat nuwe talent.”

Jan Publiek het ook ’n sê gehad: hulle kon op die Noot-Vir-Noot-blad sowel as op Johan se persoonlik­e Facebook-blad hul gunsteling-sangers kies. En die kunstenaar­s op die lys gaan in ’n wye gehoor se smaak val: van gunsteling­e soos André Schwartz (episode 5), Elvis Blue (episode 2), Danie

Niehaus (episode 8) tot nuwe stemme soos Faraway

George (episode 2).

VOOR GEHOOR OPGENEEM

Die reeks het ’n moderne aanslag. In Die Kollig Met . . . is in Julie vanjaar by die nuwe en ultra-moderne Urban Brew-alteljees in Randburg voor ’n gehoor opgeneem. “Ons het ook die nuutste beligtings­effekte gebruik,” vertel Johan trots. Die sangers word begelei deur ’n orkes van elf lede wat strykers insluit, en die orkes staan onder leiding van die knap musiekregi­sseur Jaconell Mouton. Jaconell is sedert 2003 lid van Noot Vir Noot se Musiekfabr­iek en het die leisels in 2012 by Johan van Rensburg oorgeneem. “Die orkes sluit van ons beste musikante in, soos die kitaarspel­ers Mauritz Lotz en Denny Lalouette sowel as die tromspeler David Klassen,” vertel Johan.

Hy voeg by met die nuwe program word gepoog om kykers te laat voel of hulle by ’n regstreeks­e konsert is. “Ek hoop die verskeiden­heid musiek en die vermaaklik­heidswaard­e van elke kunstenaar sal dit ’n besonderse kykervarin­g vir oud en jonk maak.”

DIE FORMAAT

Elke episode het drie sangers: ’n hoofkunste­naar, ’n gaskunsten­aar sowel as ’n goue grote, met ander woorde ’n meer gevestigde sanger soos Lance James (episode 4, 23 September). “Ons volg die voetspore van die hoofkunste­naar van sy grootwordj­are tot nou. Die hoofkunste­naar is ook die aanbieder van elke episode en hy of sy kies self ’n gaskunsten­aar en hulle sing ’n duet saam,” verduideli­k Johan. Daar word aan die einde van elke episode hulde gebring aan ’n ontslape kunstenaar, soos Johannes Kerkorrel (episode 3, 16 September).

 ??  ?? André Schwartz is een van die kunstenaar­s wat te sien is.
André Schwartz is een van die kunstenaar­s wat te sien is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa