TV Plus (Afrikaans)

Grootword-jare

In seisoen 3 van die sitkom Black-ish word die kinders voor hul ouers se oë jong volwassene­s.

-

Black-ish Seisoen 3 Sondae e.tv (*194) 19:30 (begin 9 September)

Zoey en Junior (Yara Shahidi en Marcus Scribner) het van lomp adolessent­e in volbloed-tieners verander in net twee seisoene van Black-ish (2014-nou), en dit was nie net uiterlik nie, sê Marcus. “Ons het grootgewor­d. Ons is nie meer kinders nie – mens kan dit sien. Ek het ’n effense snor, Yara is pragtig. Ons word jong volwassene­s en ek dink dit raak hoe ons ons karakters vertolk. En dit maak alles meer geloofwaar­dig, want ons is dieselfde ouderdomme as die mense wat ons in die reeks speel.”

’N EINDE EN NUWE BEGIN

Die huidige seisoen 3 is die begin van die einde vir Zoey as voltydse karakter in Black-ish – sy het haar eie splinterre­eks, Grown-ish (2018-nou), gekry. Marcus erken hy het dit as vanselfspr­ekend aanvaar om sy TV-suster die hele tyd saam met hom op stel te hê. “Ons almal mis haar. Ons het drie jaar lank saam woorde geleer, saam gerepeteer en voor en agter die skerms grootgewor­d. Nou doen sy haar eie ding – ons het nie gedink dit sou gebeur nie, daarom is ek bly ons het soveel pret gehad met die verfilming van seisoen 3 [in 2016]. Ons is na Disney World vir episode 1 – jy kry nie plesierige­r as dit nie! Yara studeer nou en haar karakter ook. Sy leef steeds Zoey se lewe en sy sal hopelik in komende seisoene by ons kom besoek aflê,” vertel Marcus.

NOOIT TE OUD OM TE LEER NIE

Dis nie net die kinders wat grootword nie – pa Dre (Anthony Anderson) is ’n volwassene, maar hy leer in elke episode lewensless­e. “Dis die wonderlike ding van ons program,” sê Anthony. “Dre het gedink sy dae van doeke ruil is verby – nou’s daar ’n baba op pad. Hy het gedink pres. Barack

Obama sal vir altyd aan bewind bly en hy stres in episode 3 (23 September), want die president se ampstermyn is verby en hy is bang niemand gaan die dinge onthou wat Obama gedoen het nie,” voeg Anthony by. “Dre groei as ’n pa en eggenoot en ’n man en seun. Elke les wat ons in die episodes gebruik, is iets wat ek saam met my huis toe kan neem en dit help my om ’n beter man te wees.” Hou dop, sitkom-kykers – die minlike Johnsons gaan baie leer voor die einde van die seisoen!

 ??  ?? Zoey en Junior (heel links) is nie die enigste Johnson-familieled­e wat verander nie.
Zoey en Junior (heel links) is nie die enigste Johnson-familieled­e wat verander nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa