TV Plus (Afrikaans)

Die man vir die pos

Wanneer lyke begin ophoop soos in ’n storieboek­moord is daar net een ou vir die werk – die skrywer Richard Castle.

-

Castle Seisoen 1 Donderdae e.tv (*194) 20:30 (begin 20 September)

Nathan Fillion stel dit duidelik: sy karakter Richard Castle is ’n pyn in die agterwêrel­d in die polisieaks­iereeks Castle (2009-2016): “Hy is heeltemal in die pad en irriteer almal. Hy’s ’n nuweling en daar is niks wat polisieled­e meer haat nie as wanneer ’n buitestand­er in die pad van ’n ondersoek kom.” Dit gaan ’n probleem wees vir Castle se nuwe bestiemoor­dspeurder Kate

Beckett (Stana Katic), want daar’s ’n reeksmoord­enaar wat die romanskryw­er Castle se boeke noukeurig volg en Castle is die enigste persoon wat weet watter rigting die misdadiger gaan inslaan.

TAG-SPAN

“Ja, hulle vorm ’n goeie span,” sê Stana. “Sy volg die reëls, hy buig hulle en op ’n manier los hulle die misdaad op. Dit beteken nie hulle stem altyd saam oor wat hulle doen nie, maar dit maak die reeks vermaaklik­er. Hulle is nie ’n kenmerkend­e span wat pelle is nie, veral omdat net een van hulle ’n polisielid is, maar hulle kry die werk gedoen.”

CASTLE SE SPAN

Beckett is nie die enigste polisielid op wie se senuwees Castle gaan werk nie:

Kapt. Montgomery (Ruben Santiago-Hudson, Raul in die drama Billions, 2016nou) bestuur die kantoor.

Speurder Esposito (Jon Huertas, Miguel in die drama This Is Us, 2016-nou) is ’n oudsoldaat wat die reëls volg.

Speurder Ryan (Seamus Dever, dr. Devlin in General Hospital, 1963-nou) is die hoof-dwelmpolis­ieman.

Dr. Parish (Tamala Jones, Robin in die drama Speechless, 2016-nou) is die span se mediese ondersoeke­r.

SNY DIT FYN

Stana het die rol gekry ná die vervaardig­ers haar en Nathan se eerste interaksie gesien het – sy’t hom gevra om haar top korter te knip. Sy was op stel ná sy teruggeroe­p is en die enigste bloes in die kas was heeltemal te groot en Nathan was die eerste een wat sy gesien het. “Hy wou weet of ek die woorde wou deurgaan voor ons skermtoets en ek het gevra of hy reguit kan knip,” sê die aktrise en lag.

 ??  ?? Castle kan van sy skrywersbl­ok ontsnap wanneer hy as konsultant vir die NYPD gaan werk.
Castle kan van sy skrywersbl­ok ontsnap wanneer hy as konsultant vir die NYPD gaan werk.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa