TV Plus (Afrikaans)

NCIS: Los Angeles

-

Seisoen 1 e.tv (*194) 20:30 Aksie Om ’n splinterre­eks van ’n bekende reeks te maak is nie so maklik nie, sê die uitvoerend­e vervaardig­er Shane Brennan, die man wat NCIS: Los Angeles (2009-nou) geskep het. “Daar is soveel wat oorweeg moet word. Ek het aan die oorspronkl­ike NCIS-reeks (2003nou) gewerk en netwerkgoe­dkeuring vir ’n splinterre­eks is besonder moeilik.” Shane noem vyf punte wat ’n mens in gedagte moet hou met splinterre­ekse:

1 Storielyne “Kan jy ’n heeltemal afsonderli­ke storie skep wat net so boeiend sal wees? Ons was gelukkig met NCIS en NCIS: LA, want ons was in teenoorges­telde dele van die land. Dit beteken verskillen­de wêrelde wat met ’n werktema verbind kan word,” sê Shane.

2 Karakters Kykers bou ’n verhouding met karakters “en hulle sal dalk nie die skip wil verlaat ter wille van nuwe gesigte nie”. Shane voeg by reekse moet versigtig wees vir voorstorie­s, want “daar’s net soveel plek in die TV-wêreld vir die ‘eks-spesialema­gte soldaat wat die span lei’”.

3 Akteurs Wie’s beskikbaar, wie kan die reeks voortdryf, wie’s geloofwaar­dig in die rol? “Dis moeilik om ’n nuweling te vat en die gewig van die reeks op sy skouers te sit,” verduideli­k Shane. “Ons was gelukkig met NCIS: LA. Ons het LL Cool J en Chris O’Donnell gekry vir die rolle van die tawwe Sam Hanna en spesiale agent G. Callen.”

4 Kykerontva­ngs Reekse gebruik spesiale mense om te toets hoe ’n gehoor op ’n splinterre­eks reageer. “Jy moet dalk ’n episode in jou huidige reeks herskryf en dit kan die hele seisoen verander,” waarsku Shane.

5 Tydgleuf Netwerke beplan hul roosters maande voor die tyd. “Jy moet hulle ’n uitstekend­e rede gee om jou ’n tydgleuf te bied wat deur ’n ander projek gevul kon word,” sê Shane.

 ??  ?? Chris O’Donnell (links) en LL Cool J is net die regte akteurs vir ’n splinterre­eks soos NCIS: Los Angeles.
Chris O’Donnell (links) en LL Cool J is net die regte akteurs vir ’n splinterre­eks soos NCIS: Los Angeles.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa