TV Plus (Afrikaans)

Bold & Beautiful

Weekdae SABC3 (*193) 17:30 Sepie

-

Niemand is vandag meer verras nie as die gek Sheila (Kimberlin Brown) wanneer haar eksman dr. James Warwick (Ian Buchanan) by die Forrester-huis opdaag. Ian vertel ons: “Hy’s net hier omdat Eric (John McCook) hom gebel het om Sheila te help herstel ná Quinn (Rena Sofer) haar op Woensdag 12 September byna vermoor het.” James is laas in 2012 op SA skerms gesien toe hy na ’n rehabilita­siesentrum toe is weens sy pilverslaw­ing, en volgens Ian bly sy karakter weg van Sheila. “James is versigtig vir haar, want hy glo sy het onder meer antisosial­e persoonlik­heidsteuri­ng [word gewoonlik verbind met reeksmoord­enaars].”

Hoe skrikwekke­nd is Sheila regtig? Sy het James by twee geleenthed­e probeer vermoor . . . in dieselfde jaar! In 1995 het sy hom met ’n vuuryster geslaan en hom met ’n mes probeer steek. Hy het, verrassend genoeg, in 1998 met die koekoes vrou getrou, maar die huwelik was van korte duur. Nou sien hy haar weer en is bekommerd sy betrek hom opnuut by haar leuens en bedrog.

Sy’s soos ’n dodelike vrou . . . Sheila gaan hom afpers om ernstige kopbeserin­gs by haar te diagnoseer ná haar bakleiery met Quinn en aandring daarop dat sy in die Forrester-huis aanbly. Sal hy nie in die versoeking kom wanneer hy haar pille voorskryf nie? Ek glo James is suksesvol gerehabili­teer. Hy sal dit waarskynli­k dag vir dag neem, maar jy weet nooit met sepiestori­elyne nie.

Wat kan sy ondergang wees? Hy gee regtig vir mense om en sal doen wat hy kan om te help. Hy’s slim, maar kort soms lewenserva­ring om slim besluite te neem, en dit gaan tot sy nadeel wees.

• Lees meer op bl. 27.

 ??  ?? Dr. James is byderhand om sy koekoes eksvrou Sheila te help.
Dr. James is byderhand om sy koekoes eksvrou Sheila te help.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa