TV Plus (Afrikaans)

70ste Primetime Emmy-toekenning­s

-

Spesiale program M-Net (*101) 21:00 Prysaand

Die Daytime Emmys vereer sepies en ander Daytime-reekse, maar dis die Primetime-weergawe waarvoor almal wag, want dis Primetime-kykstof. As jy nie om 02:00 op is om na die regstreeks­e uitsending te kyk nie, kan jy altyd later vanaand om 21:00 inskakel om te sien hoe jou gunsteling-komedie-, -aksie-, -drama- en -gruwelster­re hul goue ghongs kry en alte deftig lyk op die rooi tapyt. En ná 70 jaar is daar baie om te weet oor die toekenning­sprogram . . .

Vanjaar is die aanbieders Michael Che en Colin Jost – albei akteurs en hoofskrywe­rs van die sketsreeks Saturday Night Live (1975-nou) – SNL het die meeste benoemings (agt) vir die 70ste jaarlikse seremonie ontvang. Daar was oorspronkl­ik net een Emmy-produksie – van 1949 tot 1972 – tot dit verdeel is in die Primetime- en die Daytime-seremonie, want die een toekenning­saand het te veel tyd (op die rooster) in beslag geneem. Om oorweeg te word vir ’n Primetime Emmy moet ’n reeks enige tyd van 18:00 en 02:00 uitgesaai word na minstens die helfte van die VSA. Reekse moet fisieke DVD’s aan die Academy Of Television Arts & Sciences voorlê om vir enige toekenning oorweeg te word en minstens ses episodes word vir elke kategorie vereis. Elke beeldjie weeg 3kg, is 40cm lank en is van koper, silwer en goud. Dis die oorspronkl­ike 1948-ontwerp, geskep deur die TV-ingenieur Louis McManus. Sy vrou was die model. Dit duur vyf uur om elke beeld te maak en die vervaardig­er is RS Owens & Company, wat ook die Oscarbeeld­jies maak. Moenie dink die wenners kry net hul $500- (R8 000) toekenning nie – hulle moet hul beeldjie koop.

 ??  ?? Colin Jost (links) en Michael Che is vanjaar se aanbieders.
Colin Jost (links) en Michael Che is vanjaar se aanbieders.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa